Gebruik transparantpapier om oulike vormkoekies te maak.
1
Kies ’n vorm uit ’n boek. Sit die transparantpapier daarop, trek die vorm met ’n viltpen af en sny met ’n kunsmessie uit.
2
Rol die koekiedeeg sowat 7 mm dik tussen 2 velle kleefplastiek uit. Sit die vorm op die deeg en sny met ’n skerppuntmessie uit.
3
Lig die koekie met ’n paletmes uit en sit op ’n bakplaat. Bak soos gewoonlik.
Ons deel nog drie lekker koekieresepte