kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Jy kan vanjaar R60 000 spaar

Deur Anet Schoeman. Foto Freepik

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Suid-Afrikaners is nie bekend vir hul spaarvernuf nie. Dis meer ’n geval van oë toeknyp, die kredietkaart uitpluk en hoop op die beste. Uit navorsing wat Old Mutual gedoen het, het dit geblyk dat meer as die helfte van ons hoeka sukkel om ons salaris tot die einde van die maand te rek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dis nie altyd moontlik om meer geld te verdien nie, maar deur slim te werk, kan jy die rande rek en selfs ’n lieflike neseier opbou.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hou op rook en spaar tot R50 000*

As jy slim is, kan jy sommer baie spaar deur daardie sigaret morsdood te druk. Rokers neem soms net die koste van die pakkie sigarette in ag, maar daar is meer …

Johan du Plooy (47) van Randburg het in een jaar byna R50 000 gespaar nadat hy ophou rook het. Hy het dertig tot veertig sigarette per dag gerook. Teen gemiddeld 35 sigarette per dag teen R40 vir ’n pakkie van 20 het hy R25 550 gespaar. Die bonus was dat sy lewensversekeraar sy premie met R2 000* per maand verminder het omdat hy met gereelde bloedtoetse kon bewys dat hy werklik ophou rook het. Dit het nog R24 000 bygevoeg – en ’n besparing van R49 550 vir die jaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Die besparing op medisyne en dokterbesoeke wat hy danksy verbeterde gesondheid gehad het, is nie eens hierby ingereken nie. ’n Onlangse studie deur Discovery Vitality en die Rand Corporation wys dat vetsug en rook mediese uitgawes beduidend opstoot.

*Die besparing op jou lewensversekering gaan van die bedrag waarvoor jy verseker is en die struktuur daarvan afhang, en almal gaan nie ewe veel spaar nie. Volgens Discovery Health kan ’n veertigjarige man met lewensdekking van R2 miljoen ’n bespa-ring van R400 per maand verwag. Dis steeds R4 800 per jaar, wat beteken dat jy altesaam R30 350 kan spaar.

Kantoorkos eet jou sak. Spaar R10 000

Dit kan dalk voel of daardie daaglikse cappuccino jou deur die dag kry, maar dit kom teen ’n prys. Teen R25 per cappuccino gaan 20 koppies jou R500 per maand kos. En die toebroodjie van R35 wat jy elke dag koop, las nog R700 by. Jou broodjies en koffie vir die maand kan ’n lywige R1 200 kos, of R14 400 per jaar. As jy ’n rojale R366 per maand gebruik en jou eie broodjies en koffie maak, is dit steeds ’n besparing van R10 000. En boonop sal jou begroting jou in staat stel om jou nou en dan met ’n cappuccino te beloon.

Wenke

Wees slim met jou geld. Besluit watter inkopies is belangrik en wat nie. As dit vir jou belangrik is om lekker koffie te drink kan jy kaas, melk en brood van ’n goedkoper handelsmerk koop. Dis noodsaaklik om ’n balans te kry, want as jy emosioneel gelukkig voel, is die moontlikheid groter dat jy jou spaarpoging sal volhou.

• Sit die spaargeld opsy sodra jy jou salaris kry, dan weet jy hoeveel jy vir die res van die maand het.
• As jy ’n duurder voertuig besit, oorweeg ’n goedkoper model.
• Deel jou blyplek met iemand.
• Wees albei betrokke by die begroting en spaarplan sodat albei ewe hard werk om jul doelwit te bereik.
Verkoop die goed wat jy nie gebruik nie. Jou oorbodige items is dalk iemand anders se hartsbegeerte.
• Kry ’n tweede inkomste. Wees op die uitkyk na iets wat jy naweke of saans kan doen. Samantha Carstens (28) werk as ’n bedryfsielkundige, maar het oor naweke as ontvangsdame by ’n veearts begin werk om vir ’n huis te spaar. Teen R525 per dag en vier tot vyf sessies per maand het sy in 2018 so R28 000* verdien (*voor belastingaftrekkings).

Haal die beste uit … motorkoop

As jy droom om vanjaar in jou droommotor te ry moet jy mooi dink, sê Rudolf Mahoney, hoof van Brand and Communications by Wesbank. Die beste manier om die aankoop van ’n nuwe voertuig te beplan is om met ’n begroting te begin en al die uitgawes in ag te neem wat met eienaarskap en ’n nuwe aankoop gepaardgaan.

Wenke
• Onthou, buiten jou maandelikse paaiement is daar ook ander uitgawes soos versekering, onderhoud, brandstof, tolgeld en lisensiëring.
• Moenie tot op jou perk koop nie. As brandstofpryse byvoorbeeld styg, duik jou brose begroting in die hek.
• Neem die vervangingskoste van jou bande in ag. Hoe groter die bande en laer die profiel, hoe meer gaan jou oë traan wanneer jy die bande moet vervang.
Versekering is verpligtend op enige gefinansierde voertuig, en hoewel dit jou dalk grief om maandeliks versekering te betaal is dit min in vergelyking met die uitgawes wat jy ná ’n ongeluk of diefstal sal hê.
• Onthou, die versekering op ’n goedkoper voertuig gaan minder kos omdat vervangingskoste laer is. Boonop word jou premie gelaai as jy ’n nuwe bestuurder is en ’n duur verrigtings-voertuig bestuur. Wag tot jy 25 is voor jy dit doen, dan is jou premies gewoonlik outomaties laer.
• Die beste manier om jou maandelikse paaiemente te verminder is om ’n groter deposito te betaal. Omdat jy rente betaal op die bedrag wat jy geleen het, gaan die voertuig jou uiteindelik minder kos omdat jy op ’n kleiner bedrag rente betaal.
• Ligloop vir ballonbetalings. Dis wanneer jy ’n groot bedrag (net soos in die geval van ’n deposito) aan die einde van jou finansiële termyn betaal. Dit kan nuttig wees om jou aanvanklike maandelikse afbetalings te verminder, maar dan moet jy seker maak dat jy genoeg spaar om die “ballon” aan die einde te kan betaal. As jy bv. ’n voertuig van R100 000 op hierdie manier finansier, sal jy R90 000 oor die beplande tydperk afbetaal en R10 000 aan die einde. Rudolf Mahoney waarsku dat hierdie manier van afbetaling as ’n laaste uitweg gesien moet word en verstandig benader moet word.

Besoek wesbank.co.za/wesbankcoza/calculate/repayment om uit te werk wat jou afbetalings op ’n voertuig sal wees. Inligting verskaf deur Rudolf Mahoney, hoof van Brand and Communications by Wesbank.

Waarop moet jy nié spaar nie?

As jy die sente begin omdraai, moet jy mooi dink wat kan waai. Mediese en voertuigversekering is nie een daarvan nie! Kyk mooi wat jou mediese plan behels en kyk of jy werklik alles gebruik. Jy kan besluit dit is meer lonend om net ’n hospitaalplan te hê. Maar as jy ouer as vyftig is, is jou kanse op ernstiger siektes soos kanker groter en behandeling kan maklik by die honderde duisende draai. ’n Hospitaalplan maak nie hiervoor voorsiening nie. Dink mooi sodat jy nie op kort termyn sente spaar en uiteindelik in ’n geldelike verknorsing sit nie.

Nog wenke om geld te spaar

Skryf elke dag neer wat jy uitgegee het. Dis soms skokkend om te sien hoe onnodige uitgawes jou geld laat verdwyn. Nou kan jy sien watter jakkalsies die wingerd verniel.
Klere koop is ’n groot sondaar. Koop eerder een ordentlike ding wat jy weet jy gaan dra as drie goedkoper goed. Onthou, jy kan net een ding op ’n slag dra!
• Koop ’n maand lank alles kontant. Dit gaan jou op ’n emosionele vlak meer onder die indruk van jou besteding bring as wanneer jy jou kredietkaart gebruik.
Verduidelik aan kinders hoekom julle spaar. As julle altyd op ’n Vrydagaand wegneemkos kry, wys vir hulle hoeveel dit kos en verduidelik dat julle vir ’n huis, vakansie, universiteitsopleiding, wat ook al spaar. Dalk kan julle dit nou een keer per maand doen. Of kry almal bymekaar en maak jul eie hamburgers of pizzas.
• Moenie in die week alkohol gebruik nie. Die gewoonte kan jou heelwat uit die sak jaag. Twee klein glasies wyn (2 x 175 ml) per weeksaand tussen jou en jou liefie is byna tien bottels wyn per maand. Teen R60 per bottel drink julle R600 per maand uit, of R7 200 per jaar. ’n Craft bier kos tussen R20 en R30 elk. As julle albei elke weeksaand een bier drink, is dit R1 000 per maand.
• Loop katvoet vir aanlynaankopies. Die argument is dat jy minder koop as jy nie in die winkels ronddrentel nie. Maar dis so maklik en opwindend om deur aanlynwinkels te koop, en hoewel jy jouself vertel dat jy dit maklik kan terugstuur, gebeur dit selde.
• Moenie uitstel nie. Boetes op laat betalings kan jou onnodig geld kos.

Hoe jonger hoe beter

Spaar moet deel van jou uitkyk wees en nie laaste op jou lysie staan nie. Die belastingvrye spaarrekenings wat die regering in 2015 beskikbaar gestel het, is ’n groot aanmoediging om te spaar.
Darryll Welsh, hoof van produkontwikkeling by Investec Management Services, sê sedert die bekendstelling van hul eie belastingvrye spaarproduk het hulle ’n merkbare toename gesien in ouers wat rekeninge vir hul jong kinders oopmaak en maandeliks vir hul toekoms spaar.

Daar is groot belastingvoordele aan hierdie spaarrekenings waar jy jaarliks R33 000 belastingvry kan spaar. Die eenvoud van hierdie spaarrekenings maak dit ook ideaal vir mense wat vir die eerste keer ’n spaarrekening oopmaak. “Hoewel daar min belastingvoordele te kry is uit hierdie rekenings op kort en medium termyn, is die langtermynvoordele groot,” sê Darryll.

Die meeste mense begin eers spaar wanneer hulle ’n salaris verdien. Ongelukkig is dit juis ook ’n tyd wanneer die salarisse nie noodwendig hoog is nie, en die hoë lewenskoste maklik die spaarplanne in die wiele ry. Mense begin dan eers spaar wanneer hulle meer finansiële sekuriteit het. Wat ’n mens nie besef nie, is dat hoe langer jy uitstel om te spaar, hoe meer sal jy moet wegsit om ’n gerieflike aftrede moontlik te maak.

Darryll sê as ouers R2 750 per maand spaar (en jou belegging se opbrengs 10% per jaar was ná alle koste afgetrek is), sal die belegging ná 16 jaar op sowat R1,2 miljoen staan. Indien jou kind hierdie belegging net so laat (dus sonder enige bydraes), sal dit teen sy 65ste verjaarsdag R2,9 miljoen werd wees. Dit sou ’n kind, wat vanaf 21 jaar elke maand R2 000 spaar, 44 jaar vat om dieselfde belegging op 65 jaar te hê.

Lees ook: Maak geldslim kinders groot

Spaar so vir ’n deposito op ’n huis

Jongmense kla dat hul begroting hulle nie soos in die ou dae die ruimte bied om vir ’n huisdeposito te spaar nie. Maar kyk jy na watter uitgawes deesdae as noodsaaklik beskou word, is dit te verstane. Die gemiddelde jongmens het waarskynlik ’n slimfoon met ’n kontrak, ’n goeie voertuig en DStv; alles dinge wat ’n vorige geslag nie gehad het nie. ’n iPhone 14 kos op kontrak sowat R900. As jy ’n Samsung Galaxy A45 teen R428 per maand kies en die Premium DStv-kontrak van byna R1 000 ’n maand opsê, kan jy amper R 2000 spaar. Skaf jy boonop ’n meer bekostigbare voertuig met goedkoper versekering aan, kan jy nóg meer spaar.

Lees ook: 16 Maniere om geld op jou klerekas te spaar

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

1 hour Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

2 hours Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

19 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

20 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

23 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

24 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.