– Deur Vickie de Beer
Gebruik versiersuiker of kakao om jou eetgoed met pragtige patrone te versier. Ons het Tord Boontje se kunswerke as ons stensil gebruik om ’n panettone te versier.
1 Knip die vorm wat jy wil gebruik uit transparantvelle.
2 ’n Koekiedrukker wat met kleefplastiek bedek is, werk baie goed.
3 Jy kan ook sommer ’n mooi doilie gebruik.
4 Gebruik ’n klein siffie en sif bietjies op ’n slag oor die nagereg of koek. Dit help as iemand die stensil vashou terwyl jy sif.
5 Versier eers die koek en nagereg op ’n werkvlak voor jy dit op die dienbord sit. Andersins kan dit baie mors.
Lees ook: Bruinsuikerspeserykoekies