kategorieë: Gesondheid

Jy kan sout sny

Sout word gekoppel aan hoë bloeddruk, wat tot beroerte en hartsiektes kan lei. Die meeste van ons  gebruik 9 g sout per dag, pleks van 4-5 g. Dit is goed om minder sout te gebruik maar nie om dit heeltemal uit te sny nie, want te min sout laat jou moeg voel, kan lei tot beenkrampe en jou hart laat stadiger klop, sê Andrea du Plessis, voedingkundige van Vital. In die somer sweet jy, en verloor meer sout, en veral as jy sport doen. Kyk na die tabel vir ’n lys van hoë- en laesout-opsies om jou te help om die regte balans te kry, naamlik ’n bietjie meer sout op warm dae en beslis min sout in die winter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Kos met baie sout Lekker laesout–opsies
Soutbeskuitjies, kraakskyfies, springmielies, gesoute neute Ryskoekies, Vital Corn Cakes
Vleissmere, aftrekselblokkies, al die soorte poeiers en souse vir bereiding van vleis en groente Geur kos met jou eie kruie soos seldery, pietersielie, soet-basilie en tiemie
Souse soos tamatiesous, blatjang, mayonnaise, Worcestershiresous, mosterdsous, pastasous Laesout-opsies soos sojasous met 40% minder sout as ander sojasouse
Piekeluitjies, agurkies, olywe Vars slaaibestanddele. Probeer ongewones soos nektariens, rou beet, rooi uie en interessante  slaaiblare
Slaaisous Maak jou eie met olyfolie, suurlemoensap of witasyn en Vegetable Salt
Kaas, veral feta en cheddar Ricotta, maaskaas, mozzarella

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

1 day Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.