Sout word gekoppel aan hoë bloeddruk, wat tot beroerte en hartsiektes kan lei. Die meeste van ons gebruik 9 g sout per dag, pleks van 4-5 g. Dit is goed om minder sout te gebruik maar nie om dit heeltemal uit te sny nie, want te min sout laat jou moeg voel, kan lei tot beenkrampe en jou hart laat stadiger klop, sê Andrea du Plessis, voedingkundige van Vital. In die somer sweet jy, en verloor meer sout, en veral as jy sport doen. Kyk na die tabel vir ’n lys van hoë- en laesout-opsies om jou te help om die regte balans te kry, naamlik ’n bietjie meer sout op warm dae en beslis min sout in die winter.
Kos met baie sout | Lekker laesout–opsies |
Soutbeskuitjies, kraakskyfies, springmielies, gesoute neute | Ryskoekies, Vital Corn Cakes |
Vleissmere, aftrekselblokkies, al die soorte poeiers en souse vir bereiding van vleis en groente | Geur kos met jou eie kruie soos seldery, pietersielie, soet-basilie en tiemie |
Souse soos tamatiesous, blatjang, mayonnaise, Worcestershiresous, mosterdsous, pastasous | Laesout-opsies soos sojasous met 40% minder sout as ander sojasouse |
Piekeluitjies, agurkies, olywe | Vars slaaibestanddele. Probeer ongewones soos nektariens, rou beet, rooi uie en interessante slaaiblare |
Slaaisous | Maak jou eie met olyfolie, suurlemoensap of witasyn en Vegetable Salt |
Kaas, veral feta en cheddar | Ricotta, maaskaas, mozzarella |