Jy kan self potplanthouers versier deur Liezel Norval-Kruger. Foto: Neville Lockhart
Jy kan self potplanthouers versier
Basiese benodigdhede
- kwaste
- maatband
- kerfmessie
- boor
- skroewedraaier
- saag
- spyker
- bliksnyer
- hamer
Potplanthouers
- potplanthouer
- verf (soos Plascon Velvaglo)
Maak so
- Besluit op die breedte van die strepe. Gebruik ’n sagte maatband en meet vanaf die onderste rand van die pot die posisie van die eerste streep op ’n afstand van 10 cm.
- Gebruik die maatband om die merkies te verbind en trek ’n streep met die potlood.
- Gebruik die maatband en meet vanaf die onderste rand van die pot die posisie van die tweede streep in afstande van 10 cm.
- Verbind die merkies met die maatband en trek ’n streep met die potlood.
- Verf die strepe. Laat goed droog word.
- Verf ’n tweede laag en laat droog word.