Jy kan self ’n troukrans maak deur Anet Schoeman. Hooffoto: Carolien & Ben. Foto’s in artikel: Anet Schoeman.
Hierdie artikel skakel in met ons artikel in die Oktober 2018-uitgawe van rooi rose.
Jy kan self ’n troukrans maak
Jy benodig
- Takkies
- Houer met bodem wat dieselfde deursnit het as die krans
- Kabeltrekkers (cable ties)
- Snoeiskêr
- Lint
Maak so
Stap 1
Kry ’n houer of skottel waarvan die boom die deursnit is van die krans wat jy verlang.
Stap 2
Knip dun takkies wilde olyf (jy kry heelwat wat op sypaadjies groei) of bloekomtakkies ( jy kan dit koop by blommewinkels).
Stap 3
Druk die takkies onder in die boom sodat stingels nie almal op dieselfde plek eindig nie
Stap 4
Gebruik kabeltrekkers om die takkies saam te bind.
Stap 5
Knip die kabeltrekkers korter.
Stap 6
Maak strikke met lint oor die afgeknipte kabeltrekkers om die trekkers te verbloem as jy wil.
Stap 7
Jy kan die kranse die dag voor die tyd maak en dit in die swembad of badwater hou.
#rrwenk: Toets net eers of die lint wat jy gebruik kleurvas is en nie vloei nie. Anders maak jy die strikke vas net voordat jy dit nodig het.
Stap 8
Jy kan ook bessies tussen die takkies indruk vir ’n mooi paas- of kerskrans.
Lees ook: