Jy kan self ’n Kerskous maak deur Cornel Dunn. Foto: Lee Schwagele vir CRPhotographic
Benodigdhede
50 cm linne per kous
Garing
Drukker
Skêr
Borduurgaring
Aanwysings
Laai die patroon af en sny 2 pante per kous. Klik hier om die patroon vir die Kerskous af te laai
Stik dit aanmekaar vas en werk af met sig-sag-steek of omkapmasjien.
Maak ’n lussie deur ’n smal strokie lap af te werk. Jy kan ook ’n lint gebruik hiervoor.
Stik dit dan aan die kous se bokant vas en soom dit om.
Dop die kous om.
Borduur ’n kruisiesteekontwerp op die kant van die kous, of neem dit na ’n borduurwinkel.
Loer hier vir nog Kersfees-inspirasie
Die mooiste idees vir jou Kerstafel
10 nostalgiese koekies wat jy vir Kersfees moet bak