1 Spuit die meringue-mengsel in sirkels van verskillende groottes vir die doppies van die sampioene. Maak die bokant van die doppies met ’n nat vinger glad. Spuit ook ’n “stingel” wat by elkeen pas. Droog in die oond uit.
2 Smeer die donkersjokolade en die witsjokolade aan die onderkant van elke sirkel.
3 Gebruik ’n tandestokkie om die lyntjies op die onderkant van die “sampioen” te trek.
Maak só die perfekte meringue
• Moenie yskoue eierwitte gebruik nie, eierwitte by kamertemperatuur werk beter.
• Vet voorkom dat die eierwitte uitsit, maak seker dat die mengbak en klitser geen oorblyfsels van vet, olie of eiergeel bevat nie.
• Gebruik om dieselfde rede verkieslik ’n koperbak, so nie glas of vlekvrye staal.
• Los die oonddeur op ’n skrefie oop as jy die meringues oornag wil bak. Dit sal verseker dat die meringues wit bly.