Vryf baie meel in die vesels van 4 lapservette in. Voer 4 poedingbakkies met die servette uit.
STAP 2
Vorm die broodjies soos gewoonlik ná die eerste rysslag. Sit elke broodjie in ’n uitgevoerde bakkie, bedek met ’n skoon kombuisdoek en laat rys vir die tweede keer.
STAP 3
Keer die broodjies een vir een versigtig op ’n bakplaat uit. Sny ’n kruisie aan die bokant. Druk ’n vrug soos ’n vy of pruim in die deeg in.
STAP 4
Bak die broodjies in ’n warm oond by 200 °C. Spuit die kante van die oond met ’n waterspuitkannetjie en bak tot gaar en goudkleuring.