STAP 1 Vryf baie meel in die vesels van 4 lapservette in. Voer 4 poedingbakkies met die servette uit. STAP 2 Vorm die broodjies soos gewoonlik ná die eerste rysslag. Sit elke broodjie in ’n uitgevoerde bakkie, bedek met ’n skoon kombuisdoek en laat rys vir die tweede keer. STAP 3 Keer die broodjies een vir een versigtig op ’n bakplaat uit. Sny ’n kruisie aan die bokant. Druk ’n vrug soos ’n vy of pruim in die deeg in. STAP 4JY KAN rustieke broodjies bak
Instructions
Bak die broodjies in ’n warm oond by 200 °C. Spuit die kante van die oond met ’n waterspuitkannetjie en bak tot gaar en goudkleuring.