1 Meng 500 g meel (waarvan ¹⁄³ Nutty Wheat kan wees), 1 k kookwater, 1 t sout en ¼ k olie en knie tot ’n elastiese deeg. Laat rus vir 45 min.
2 Rol die deeg baie dun in ’n reghoek op ’n meelbestrooide werkvlak uit. Stip die deeg met 100 g sagte botter en rol styf op sodat die deeg ’n dun worsie vorm. Laat rus vir 20 min. onder ’n klam kombuisdoek.
3 Rol die “worsie” nog dunner totdat dit sowat 2½ cm breed en 1 m lank is. Sny oorlangs in 15-20 cm-stukke. Knoop elke stukkie deeg soos jy ’n ballon sal knoop. Die deeg kan in dié stadium gevries word.
4 Strooi meel oor elke nessie rol in baie dun sirkels uit. Verhit ’n bietjie olie oor matige hitte in ’n roti- of kleefwerende pan en braai aan weerskante tot goudbruin. Sit warm voor.