kategorieë: KosJy kan

Jy kan ragù maak

Deur Vickie de Beer. Foto’s deur Lee Malan

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maak groot hoeveelhede ragù op ’n slag, want een keer se moeite lewer sommer ‘n verskeidenheid aandetes. ‘n Geurige ragù kan die basis van lasagne, moesaka, pastei, herderspastei en risotto wees – én dit vries uitstekend.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat jy benodig

• Goeie aftreksel is belangrik. Ons gebruik Nomu se Fond-aftreksel as ons nie ons eie gekook het nie.
• Bouquet garni, ’n kruiebossie van pietersielie, lourierblaar en tiemie, gee noodsaaklike geur. Verander die kruie of voeg sitrusskil by, afhangende van die ragù wat jy kook. Lemoen pas by eend en salie by vark.
• Heel, geskilde geblikte tamaties en goeie tamatiepasta is noodsaaklik.
• Rooiwyn word by die meeste vleissouse gegooi om ’n diep kleur en smaak te gee. Ons het port by die eend-ragù gesit omdat eend vir iets soets vra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Begin met goeie vleis

1 Die klassieke ragù word meestal met ’n mengsel van bees- en varkmaalvleis gemaak.
2 Jy kan ook ’n lams-ragù of selfs ’n sampioen-ragù maak.
3 Die geurige vleissous word gewoonlik met spek, pancetta of lewertjies verryk.
4 Jy kan vir ekstra geur en smaak ook worsies byvoeg.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Maal jou eie vleis

1 Vars gemaalde vleis is vir seker lekkerder as die gekooptes (én jy weet presies wat daarin is).
2 Die meeste staanmengers het ook ’n vleismeul-aanhegsel.
3 Dis belangrik om die vleis en toerusting yskoud te hou sodat die vleis nie oorwerk raak nie.
4 Binneboud (topside) werk goed vir beesmaalvleis en varkblad sorg vir geurige maalvleis vir ragù en wors.
5 Vleis kan ook in ’n voedselverwerker gemaal word, of met ‘n skerp sjefsmes fyn gekap word.

Soffrito

Die hart van ’n ragù is die soffrito – die geurbasis. Soffrito word met gekapte uie, seldery en wortels gemaak. Dit is baie belangrik om die soffrito langsaam oor matige hitte te braai tot dit sag is, liggies karamelliseer maar nie brand nie.

Vleis op die been

• Jy kan ’n baie geurige ragù kook met vleis aan die been, soos lamskenkels of lamsblad.
• Op dié manier word die vleis stadig in die geurige tamatiesous gekook en dan met ’n vurk van die been afgetrek. Die sagte rafeltjiesvleis word dan weer in die sous gegooi.

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

3 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

3 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

3 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

3 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.