Beter bekend as French fries of baie dun en bros skyfies. Die ideale pommes frites moet sag in die middel en bros en bruin aan die buitekant wees. 1 Sny die aartappels in ewe groot, dun repies - sowat ’n half cm dik. WENK: Melerige aartappels werk die beste vir diepbraai. Die harde tekstuur kan die hoë hitte van die olie weerstaan.JY KAN ‘pommes frites’ maak
Instructions
2 Week die gesnyde aartappels vir 10 min. in skoon water om van die ergste stysel ontslae te raak. Dit voorkom ook dat die skyfies aan mekaar vaskleef wanneer dit gebraai word.
3 Dreineer die skyfies en maak met handdoekpapier droog anders sal die water die olie laat spat.
4 Braai die aartappelskyfies by 160 °C tot sag en gaar, maar nog nie bruin nie. Dreineer en laat afkoel.
5 Verhoog die olietemperatuur tot 190 °C en braai tot goudbruin en bros. Haal uit, geur met sout en sit voor.