Jy kan ’n plastiekvrye badkamer skep deur Cornel Dunn. Hooffoto deur Pixabay.com
Bioafbreekbare plastiekvrye wattestokkies
Wattestokkies is van die toptien-rommelitems wat op ons strande rondlê en kan die seelewe benadeel. Mense is ook geneig om hierdie stokkies in die toilet af te spoel. Gebruik eerder hierdie bioafbreekbare stokkies om te verseker dat hulle nie jou omgewing benadeel nie.
Lees ook: 9 maniere om plastiekvry te lewe
Koekies seep
Bly weg van vloeibare seep, want dan vermy jy die plastiekbotteltjies en -sakkies waarin hulle voorkom. Verder bevat koekies seep nie soveel water soos vloeibare seep nie en is hulle boonop kostedoeltreffend.
#rrWenke:
Kies seep met die minimum verpakking. Gaan soek by zero waste-winkels, markte en ander winkels wat los koekies seep sal verkoop.
Gebruik natuurlike seep sonder chemiese bestanddele, dis beter vir jou vel en vir die omgewing.
Vermy seep met palmolie. Laasgenoemde is baie skadelik vir die omgewing en die diereryk.
Lees ook: 10 stappe nader aan ’n zero waste leefstyl
Plastiekvrye sjampoe en opknapper
Hierdie haarprodukte is nou in ’n koekievorm beskikbaar! Buiten die voordele vir die omgewing en die feit dat jy nie meer honderde leë plastiekbotteljies sal weggooi nie, is die meeste van hierdie produkte ook sulfaatvry, wat beter is vir jou hare.
Lees ook: Maak jou kind “groen” groot – dis makliker as wat jy dink!
Vermy plastiektandeborsels
In Amerika word jaarliks 22 000 000 kg tandeborsels weggegooi. Gebruik eerder ’n bioafbreekbare bamboes- of houttandeborsel. Omdat die haartjies steeds sinteties is, moet dit verwyder word wanneer jy die tandeborsel weggooi.
Lees ook: Dink voor jy weggooi: Slim wenke vir herwinning
Skoonmaakmiddels
As jy bleikmiddels gebruik om jou badkamer skoon te maak, kies die omgewingsvriendelike weergawe.
Lees ook: 8 van ons gunsteling-skoonmaakprodukte
Reukweerder
Veral reukweerder in sproeivorm is skadelik vir die omgewing. Gebruik eerder rome en olies met natuurlike produkte.
Verskaffers:
Takealot |www.takealot.com
Rain | www.rainafrica.com
Shop Zero | www.shopzero.co.za
Dis-Chem | www.dischem.co.za
Lush | www.lush.com
Faithful to Nature | www.faithfultonature.co.za
Unicorn Café | www.unicorncafe.co.za