Waag dit
Op onlangse glansgeleenthede kon ons reeds sien dat pienk ’n gewilde kleur is. Bekendes soos Lily Collins en Rebecca Judd het selfs vir ons gewys dat ’n kleurkombinasie wat voorheen as ’n mode-taboe beskou is, net so elegant kan lyk. Rooi en pienk lyk op sy beste saam met ’n neutrale ondertoon. As jy eerder veilig wil speel, kan jy begin met ’n rooi-en-pienk-kombinasie in jou bykomstighede of grimering.
Pienk op pienk
Jy kan pienk van kop tot tone dra, sonder om soos ’n Barbie-pop te lyk. Balanseer net die skakerings tussen donker en lig. Besluit op een fokusitem en hou die res van jou uitrusting neutrale skakerings. Verskillende teksture dra ook by tot ’n treffende voorkoms. Kombineer wintermateriale soos fluweel en wol of wissel dit af met gaas vir ’n meer romantiese voorkoms.
5 redes hoekom ons dol is oor pienk
• Daar is ’n skakering vir elke veltoon
• Dit laat enige uitrusting vroulik lyk
• Dit pas amper by enige ander kleur
• Jy kan die kleur na enige geleentheid aantrek
• Dit is tydloos
Agter die skerms: Junie 2017
Fotograaf: Caroline McClelland van Supernova
Hare en grimering: Johanni Nel van Supernova
Model: Jennifer Gilmore van Outlaws Management
Baie dankie aan Rob McClelland vir die gebruik van die Inyoni Gas Station. Vir besprekings kontak Rob by [email protected] / 021 418 1714.