Instructions
Dis maklik as jy hierdie paar riglyne in gedagte hou:
_ Gelatien is beskikbaar in velle of poeiervorm.
_ 15 ml (1 e) poeier is gelyk aan 15 g of 7 velle gelatien.
_ 15 ml (1 e) is genoeg om 500 ml (2 k) vloeistof te stol.
STAP 1
Spons die gelatienpoeier met genoeg water. Gebruik 60 ml (¼ k) water vir elke 15 ml (1 e) gelatien wat gespons moet word. Die velle word net in water gedompel tot hulle sag en hanteerbaar is, of gefrommel kan word. Gelatien stol by 20 °C en moet nooit gekook word nie. Poeiergelatien moet óf by warm vloeistof gevoeg word en sodoende smelt, óf dit moet afsonderlik gesmelt word en in ’n dun straaltjie bygevoeg word. Wees versigtig wanneer jy dit in die mikrogolf smelt, gebruik die ontvriesstelling.
STAP 2
Hou die gesmelte gelatien ’n entjie bokant die houer en voeg in ’n dun straaltjie by die mengsel. Roer aanhoudend sodat die gelatien goed versprei word.
STAP 3
Ontvorm die panna cotta deur die houer vir ’n paar minute met ’n warm lap te bedek, of plaas vir ’n paar sekondes in warm water en keer dadelik op ’n dienbord uit.