kategorieë: HareSkoonheid

Jy kan ook ‘n lae-bolla bemeester – ons wys jou stap vir stap hoe

Jy kan ook ‘n Lae-bolla bemeester – ons wys jou stap vir stap hoe deur Justine Kroes. Hooffoto: rooi rose

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jy kan ook ‘n Lae-bolla bemeester – ons wys jou stap vir stap hoe

Die lae bolla in die nek, effens deurmekaar maar steeds sjiek en stylvol is die antwoord vir daardie “tussenin” dae wat jy nie graag wil hare was nie maar wel steeds iets meer modieus as ’n doodgewone poniestert wil probeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Dit het jy nodig:
  • ’n Kam
  • Haarrekkies
  • Haarknippies
  • Haarsproei
  • ’n Haarserum of -olie vir haartjies wat regop staan (indien jy het!)

Stap 1

Verdeel die voorste hare van een oor tot die ander in twee seksies. Vir volheid, indien nodig, pluiskam (tease) jou hare bo-op jou kop.

Jy kan ook ‘n Lae-bolla bemeester – ons wys jou stap vir stap hoe

Stap 2

Kam versigtig oor die gepluiskamde hare om dit glad te maak en steek met ’n knippie vas om volheid te behou.

Stap 3

Maak jou hare in ’n poniestert vas en pluiskam die poniestert vir ekstra volheid en tekstuur.

Jy kan ook ‘n Lae-bolla bemeester – ons wys jou stap vir stap hoe

Stap 4

Draai (twist) nou jou poniestert totdat dit styf is en draai dan reg rondom die rekkie. Steek vas om die bolla op sy plek te hou. Haal die knippies van stap 2 uit en kam saggies oor die hare om dit glad te maak. Spuit haarsproei aan om die hare op hul plek te hou.

#rrWenk: Gebruik ’n serum of haarolie (minder as ’n druppel) om fyn haartjies te tem. Hierdie styl werk veral perfek wanneer jou hare nie silwerskoon is nie!

Jy kan ook ‘n Lae-bolla bemeester – ons wys jou stap vir stap hoe

Lees ook: Die een lengte bob ons droom post covid 19 haarstyl

Vir nog skoonheidswenke en nuus volg gerus assistent-skoonheidsredakteur  en stilis Justine Kroes  en skoonheidsredakteur Suzanne Kotzé op Instagram @Stylvol.co.za of volg hulle Facebook blad Stylvol

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

5 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

5 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.