Volg ons stappe om oesters met sukses oop te maak. STAP 1 Kry alles bymekaar STAP 2 Maak oop STAP 3 Maak skoonJY KAN oesters skoonmaak
Instructions
Om oesters skoon te maak, het jy ’n oestermes, soutwater en ’n kwassie nodig. _ Hou die oesters altyd lekker koud.
• ’n Skoon vadoek sal help om die oester stewig te kan vasdruk. Sit die oester voor jou op ’n kapplank neer met die punt na onder en die ronde kant na jou vingerpunte toe. As die onderste punt as sesuur gesien word, gly die oestermes se punt by sesuur in en beweeg geleidelik na agtuur.
• Woel versigtig en maak die spiertjie binne los, lig die oester met die mes en siedaar! Wawyd oop.
• Glip jou vinger onder die vleis in en wikkel dit saggies los.
Vee met soutwater en ’n kwassie die sand en stukkies skulp uit die oesterskulp. Sit voor met ’n paar druppels Tabasco-sous en suurlemoensap of ’n vars somersalsa. Selfs net so vars en skoon uit die skulp met ’n glas yskoue vonkelwyn, smaak ’n oester voortreflik.