Jy kan nou Game of Thrones hare en grimering kry! deur Suzanne Kotzé. Hooffoto: Rexfeatures / Greatstock
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Daenerys Targaryen se vlegselstjies maak ons lus om ons hare te laat groei. Dis is eintlik so eenvoudig, dog treffend. En nee, jy is nooit te oud vir vlegsels nie! Jy kan dit selfs met bob-lengte hare doen.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Lees ook: 11 interessante feite oor Game of Thrones wat jy dalk nie geweet het nie
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Psst! Ek was so ’n rukkie gelede by ’n kostuumpartytjie. Raai wie was ek? Dankie tog vir ’n haarstilis vriendin wat die pruik vir my geleen en gevleg het (my hare is eintlik in ’n blonde bob-styl).
Ons het met haarstilis Cheryl Parker gesels om uit te vind wat die geheim tot hierdie voorkoms is.
“Enigiets wat jou hare taaier maak, soos mousse of seesout-sproei werk goed as jy vlegsels maak, veral as jou hare sy-glad is,” sê Cheryl.
Probeer gerus hierdie produkte:
Kyk net hierdie grimering en kwaste geïnspireer deur gunstelingplekke en die sterk vroue van Westeros. Urban Decay se Game of Thrones-versameling is slegs vir ’n beperkte tyd beskikbaar en aanhangers moet maar gou spring. Die internet is behoorlik aan die gons hieroor!
Hierdie voorkomste is natuurlik deur die huise van Game of Thrones geïnspireer. Wil jy smeul in metaalskakerings soos Huis Lannister; treffend wees in juweelskakerings soos Huis Targaryen of ysig in blou wees soos die White Walkers?
Lees ook: Game of Thrones 101: Alles wat jy moet weet voordat #GoT se 8ste seisoen begin
Ons gunsteling is hierdie oog-palet! Die detail in die 3D-verpakking!!! Daar is 20 verskillende skakerings en die palet is in vier dele opgedeel. Elke deel stel ’n verskillende GoT-huis voor. Huis Targaryen het skitterende juweelkleure; Huis Lannister’n mengsel van mat en glinsterende metaalskakerings; Huis Stark het rokerige mat-skakerings en White Walkers yskoue glinsterende skakerings.
The Urban Decay Game of Thrones Eyeshadow Palette (R1 250)
Daar is ’n verskeidenheid oogpotlode om van te kies. Kyk net die name!
En die grimeerborsels! Dit lyk kompleet soos Aray Stark en Jon Snow se swaarde.
Gebruik die Aray Stark Needle Flat Eyeshadow Brush (R400 ) vir presiese aanwending.
Wend aan en meng met Jon Snow Longclaw Eyeshadow Brush (R 400).
Urban Decay Game of Thrones Mother of Dragons Highlighting Palette
Die Mother of Dragons Highlighting Palette (R600) het drie skakerings waarmee jy kan beklemtoon; Dragon (die skitterende pienk skakering), Viserian (die natuurlike goue skakering) en Rhaegal (die metaal brons skakering). Gebruik dit apart of meng dit alles saam.
Urban Decay Game of Thrones Lip & Cheek Stain
Die Lip & Cheek Stain (R500) is die perfekte Targaryen skakering. Gebruik een tot twee druppels en meng dit op jou wange of lippe vir ’n deursigtige rooi vlek.
Urban Decay Game of Thrones Vice Lipsticks
Vier beperkte skakerings Urban Decay Game of Thrones Vice Lipsticks (R300) is beskikbaar.
Urban Decay-produkte is aanlyn beskikbaar vanaf 15 April 2019 en in alle Urban Decay-winkels vanaf 2 Mei 2019.
Kykers was woedend vir hom. Sommige het simpatie gehad. Ander het besef hoekom hy doen…
Hierdie storielyne gaan Suidooster-aanhangers behoorlik op die punt van hul stoele hou. Lee-Ann…
Genoeg vir 1 groot brood Bestanddele Jy het ’n groot staanmenger nodig om die…
As vroue is ons gewoond aan borsondersoeke. Maar mans is nie gewoond aan húl ondersoeke…
As 'n bloublasie jou langs die Suid-Afrikaanse kus raakslaan, is dit wat jy moet doen.
Hierdie webwerf gebruik koekies.