• Vlek die lende so oop: Keer die vleis om sodat dit op die velkant lê. Daar sal ’n verdikking aan die een kant van die vleis wees. Begin aan die binnekant en sny die vleis oop soos wat jy ’n broodrolletjie sal oopsny, maar moenie heeltemal deursny nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }• Om die varklende vas te bind: Jy het ’n baie lang stuk kombuistou nodig. Maak ’n knoop aan die een kant van die rol. Vorm ’n lus met jou hand en glip dit oor die vleis. Trek dit styf om ’n skuifknoop te vorm. Herhaal tot die hele rol vasgebind is. Eindig weer met ’n knoop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }• Vra jou slagter vir een van daardie nuttige “kouse” wat jy sommer oor die rol kan glip voor jy dit bak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }• Vir ’n lekker bros vel, smeer die hele varklende met olyfolie en growwe sout. Begin dit by ’n baie hoë temperatuur gaarmaak, verlaag later die temperatuur sodat die vleis kan gaar word.
• Onthou om die vleis vir minstens 10 min. te laat staan voor jy dit sny. Dit gee die vleissappe kans om weer deur die vleis te versprei.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }• Varkvleis word deur die volgende geure gekomplementeer: appel en kruie soos salie, tiemie en roosmaryn. Gebruik dit in die vulsel of strooi bo-oor.
Maak ook hierdie lekker gevulde varklende met bloukaas-pere
MSI is opgewonde om ons eksklusiewe vakansieverkope aan te kondig, wat van 10 Desember tot…
Die lewe is te kort om al jou eie foute te maak. Leer by ander…
Los jy jou potjies se deksels oop of staan jou skoonheidsprodukte in die son? Dan…
Maak hierdie maklike gemmerbier - dit bevat nie gis nie! Dis die heerlikste afkoel-drankie.
Vonkelwyn is ryk aan geskiedenis Die tradisie om met vonkelwyn iets te vier word histories…
Met hierdie wenke sal jy soggens die spreekwoordelike gousblom eerder as die molshoop wees, al…
Hierdie webwerf gebruik koekies.