kategorieë: KosJy kan

Jy kan ’n lamsboud ontbeen en oopvlek

’n Heel lamsboud oor die kole is ’n smaaklike en maklike manier om vir baie mense te braai. Die heel beste metode is om die lamsboud te ontbeen en oop te vlek. Op dié manier rooster die vleis eweredig en kan dit maklik in dun skywe gesny word vir opdiening.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

1 Die been is met ’n potjie aan die stuitjie geheg sodat die been in die boud byna in ’n L-vorm lê. Draai die boud om sodat die vel na onder is. Wikkel die mes teen die kant van die
sigbare been in – aan die bokant waar die been aan die stuitjiestuk vas is. Wikkel die vleis en senings los van die been.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2. Volg die been tot by die potjie en wikkel die vleis verder met jou vingers los. Lig die been uit en breek dit met jou hand uit die potjie. Sny enige senings los.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy kan ’n lamsboud ontbeen en oopvlek

3. Volg nou die res van die been met jou vingers en die punt van die mes. Maak klein krapbewegings met die mes teen die been sodat geen vleis verlore gaan nie en maak die been heeltemal los.

4. Die lamsboud lê nou in twee dele – die een dikker as die ander – oop voor jou. Sny met horisontale bewegings in die dik spier in sodat jy die boud soos ’n boek kan oopvou. Voel met jou vingers of daar dik senings of kliere in die vleis is en sny dit uit. Indien jy die vleis wil stop, kan jy die mes se punt van bo in die dikste deel van die vleis indruk en stukkies vet of spekrolletjies met gekapte, gedroogde appelkose indruk.

Jy kan ’n lamsboud ontbeen en oopvlek

Spekrolletjies

Kap 6 gedroogde appelkose fyn en sit in die middel van 6 lappies rugspek. Draai in dun rolletjies, draai in kleefplastiek toe en vries (liefs oornag) sodat die rolletjies makliker in die vleis gedruk kan word.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

1 day Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

1 day Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

1 day Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.