kategorieë: KosJy kan

Jy kan: ’n hollandaise-sous maak

1 Giet 40 ml asyn, ’n lourierblaar en 6 peperkorrels in ’n klein kastrol en kook af oor hoë hitte tot ’n derde van die asyn oorbly.
2 Klits 2 eiergele, die asyn en ’n klontjie sagte botter oor ’n dubbelkoker tot dit begin verdik. Dit moet oor ’n baie lae hitte gedoen word aangesien die sous maklik skif.
3 Voeg 125 g sagte botter blokkie vir blokkie by die eiermengsel en klits goedna elke byvoeging. Haal van die hitte af sodra al die botter bygevoeg is. Die sous moet blink en glad wees

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

NOG WENKE

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
  • Sit hollandaise-sous met geroosterde of geposjeerde vis, eiers en groentegeregte voor.
  • ’n Elektriese handklitser sal die proses baie vinniger en makliker maak.
  • Die sous moet vloeibaar wees sodat dit maklik oor die kos gegiet kan word. As dit te dik is, kan jy dit met suurlemoensap of water verdun.
  • As die sous skif, kan jy nog ’n eiergeel byvoeg en goed klits om dit te emulsifiseer.
  • Indien die dubbelkoker te warm raak, kan jy ’n kombuisdoek tussen die bak en kastrol sit om die hitte beter te beheer.

ANDER VARIASIES

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Lemoen-hollandaise Vervang die suurlemoensap deur lemoen- of pomelosap en geur met die gerasperde skil van een lemoen. Dis veral lekker saam met aspersies.
Chantilly-hollandaise Vou 60 ml styf geklitste crème fraîche of dubbeldikroom by die sous in. Heerlik ryk saam met hoender of vis.
Mosterd-hollandaise Voeg 10 ml Dijon-mosterd by en sit voor met eiers of vis.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: chicken

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

1 day Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

1 day Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

1 day Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

1 day Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

1 day Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.