Twee stappe om ’n hoender oop te vlek
1 Sit die hoender met die rugkant na bo op ’n plastiekkapplank. Sny die hoender met ’n skerp mes of kombuisskêr van die onderkant af, al langs die ruggraat oop. Doen dieselfde aan die ander kant sodat die hele ruggraat uitgesny is.
2 Keer die hoender om. Vou dit oop sodat die boudjies aan weerskante van die hoender is. Druk die hoender met die palm van jou hand plat. Spoel die binnekant mooi skoon en druk met handdoekpapier droog.
Maak hierdie oopgevlekte hoender met salsa verde