Parfuums vir vroue wat weet waarvan hulle hou
Die Justine Tabasheer-parfuumreeks bestaan uit vier luukse aromas, elkeen ontwerp om by ’n unieke vrou se persoonlikheid te pas. Daar is parfume vir sterk, vrymoedige, selfgeldende en elegante Suid-Afrikaanse vroue, die vrou wat weet wat sy wil hê. Hierdie unieke parfuums spreek tot die siel van die vrou, komplementeer haar persoonlikheid en stap saam met haar by elke vertrek in.
Watter Tabasheer-vrou is jy?
Is jy die misterieuse, verfynde Tabasheer-vrou? Die Tabasheer oorspronklike aroma het die toets van die tyd deurstaan en spreek van sofistikasie en elegansie. Dit bevat elemente van hout en blom-komponente wat die aandag sal trek en die vrou se tydlose wese sal komplementeer.
Dalk hou jy van luukse, sensuele geure? Dan sal jou persoonlikheid pas by die blom- en vrugte-karakters van Tabasheer Gold. Dit is perfek vir die vrou wat raakgesien wil word.
Die onweerstaanbaar sjarmante vrou sal Tabasheer Bloom verkies. Dit is gebaseer op ’n vars vroulike blom-ondertoon met top-note van bessies.
Ten laaste, om die reeks te voltooi, die geur vir die sterk, onafhanklike vrou: Sy sal Tabasheer Rouge verkies. Die unieke karakter van Madagaskar-vanielje is die basisnoot en dit bevat verder blommerige, witblom- en hout geurelemente. Die finale afronding vir die sterk vrou se voorkoms.
Wat jou persoonlikheid ookal omskryf, wees sonder skroom ’n Tabasheer-vrou. Wees jou onbeskaamde self.
Besoek hul webwerf vir meer inligting.
Kompetisie sluit 14 Julie 2019. Bepalings en voorwaardes geld.
[gravityform id=”469″ title=”true” description=”true”]