Diego Dall Palma Professionele Velsorg
Diego Dall Palma is internasionaal sinoniem met professionele velsorg. Die navorsing en ontwikkeling vir hul produkte word in noue samewerking met dermatologiese en farmaseutiese fakulteite van die wêreld se toonaangewende universiteite gedoen en hulle bied aan hedendaagse velterapeute die mees gevorderde produkte en behandelingsmetodes om mee te werk. Natuurlike plantekstrakte word gekies vir hul spesifieke kwaliteite wat die beste resultate sal lewer en in elke kliënt se velsorgbehoeftes sal voorsien.
Diego Dall Palma voldoen aan eko-vriendelike gesertifiseerde produksieprosesse en gebruik meer sonkragenergie en verminder hul waterverbruik waar moontlik. Hul verpakking word vervaardig van FSC (Forest Stewardship Council) gesertifiseerde papier wat vervaardig word van woude wat volhoubaar en verantwoordelik bestuur word.
Diego Dall Palma het die revolusionêre 51+3 HYALU COMPLEX™ gepatenteer wat sellulêre kommunikasie en die velmetabolisme verbeter en die vel in staat stel om homself effektief te ontgif, te bevogtig en te vernuwe.
’n Intensiewe teenverouderingsbehandeling, bestaande uit drie hoogs gekonsentreerde teenverouderings-serum-olies, beveg statiese en foto-veroudering deur die produksie van kollageen en elastien wat die vorming van fyn lyne en plooie teenwerk. Die plooie is minder merkbaar en die vel word gladder en meer elasties met ’n sysagte jeugdige gloed.
Die serum-olies word higiënies verpak vir gerieflike gebruik in pakke van drie individuele bottels en een drupper sodat die aktiewe bestanddele bewaar kan word en eers vrygestel word as dit gebruik word.
Die aktiewe bestanddele sluit dertien natuurlike olies in wat die vel bevogtig en voed:
• Argan-olie – beskerm en streel
• Abissiniese olie – beskerm en streel
• Pataua-olie – teen-veroudering; anti-oksidant; beskerm en streel
• Jojoba-olie – anti-oksidant
• Meadow skuimsaad-olie – beskerm en streel
• Aalbessie-olie – streel
• Passieblom-olie – teenveroudering, vernuwing, bevogtiging en voeding
• Acai-olie – beskerm en streel
• Chia-olie – vernuwe, beskerm en streel
• Babassu-olie – teenveroudering, anti-oksidant, beskerm en streel
• Sonneblom-olie – vernuwe en streel
• Rys-olie – teenveroudering en streel
• Shea-botter – voed
Beskikbaar by uitgesoekte spa’s en salonne. Kontak (021) 701 2900 vir meer inligting of volg hul op Facebook en Instagram.
Kompetisie sluit 7 Aug 2019. Bepalings en voorwaardes geld.
[gravityform id=”470″ title=”true” description=”true”]