Resep vir een 30 cm- ronde koek, of 28 cm- vierkantige koek, of 30 cm hartjiekoek. Verdubbel die resep vir ’n hoë sponskoek.
• 715 g sagte botter
• 715 g strooisuiker
• 10 eiers
• 535 g koekmeelblom
• 175 g bruismeel
• 3,5 e melk
Instructions
1 Voorverhit oond tot 160 °C. Voer die boom van ’n pan met bakpapier uit en spuit met kleefwerende kossproei. 2 Klits die botter en suiker tot lig en romerig. Voeg die eiers een-een by en klits goed ná elke byvoeging. 3 Vou die gesifte meel versigtig by die bottermengsel in en roer laastens die melk by. 4 Skep die mengsel in die pan. (Skep meer mengsel aan die kante van die pan as in die middel dan rys die koek egalig en nie met ’n bult nie). 5 Bak vir 2 uur. Laat vir minstens 5 min. in die pan afkoel voor dit uitgekeer word. 6 Laat goed afkoel, vul en versier met botterversiersel. Die koek kan vir tot 2 weke in ’n lugdigte houer gebêre word, of vir sowat 2 maande gevries word.