#rooirosewenk: Hou jou grane in die vrieskas sodat dit nie miet inkry en galsterig word nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Kook dit so:
Droë bone moet oornag geweek word. Dit voorkom dat die bone oneweredig kook en help jou liggaam om die bone makliker te verteer. Dit verkort ook die kooktyd en bewaar die voedingstowwe. Bedek bone met genoeg water en laat dit oornag week. Dreineer en spoel goed af. Kook rooi en wit bone afsonderlik.
Kook dit so:
Spoel die lensies onder lopende water af. Prut vir 20-30 min. Geur die lensies eers aan die einde met sout anders word dit taai. Suur bestanddele soos tamaties sal die kooktyd verleng.
Het jy vergeet?
As jy vergeet het om die bone oornag te week, volg net ons vinnige weekmetode:
1 Bedek die bone met water – die watervlak moet 2/3 hoër as die bone lê.
2 Kook vir 5 min.
3 Bedek weer met water en week vir nog 1 uur.
• Stampkoring word gemaak van heel, rou koringkorrels wat gebreek of in kleiner stukke gesny word.
• Gort is ’n gesonde hoëvesel- en hoëproteïengraan.
Kook dit soos rys:
1 k graan in 2 k water of aftreksel met 1 t sout gegeur.
Het jy geweet?
Koeskoes uit Noord-Afrika word soos pasta van harde koringkorreltjies gemaak.
Kook dit so:
Gooi 1 k kokende water oor 1 k koeskoes met 1 e olyfolie en ’n knypie sout. Bedek met kleefplastiek, laat swel vir 10 min, maak los met ’n vurk.
Bulgur is koring wat gekraak, gekook en gedroog is.
Kook dit so:
Maak soos koeskoes gaar, maar gebruik 2½ k water op 1 k bulgur.
Quinoa word as die enigste graan beskou wat ’n volledige proteïen is en is veral goed vir algehele vegetariërs. Dit is glutenvry, veselryk en het ’n lae GI.
Kook dit soos rys:
gebruik 1 k graan op 2 k water met ’n knypie sout.
Grane soos Quinoa of Polenta kan gebruik word om ’n glutenvrye kors vir vis of hoender te maak:
1 Droog dit eers 1 rol eers in gegeurde mielieblom of rysmeel.
2 Vir die gom 2 rol dit dan in geklopte eier.
3 Vir die krakerige kors 3 rol dit nou in gaar quinoa.
Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…
In die wêreld van televisie en teater is die rol van die skurk…
Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…
Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…
Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…
Hierdie webwerf gebruik koekies.