kategorieë: KosJy kan

JY KAN meringue maak

Daar is drie soorte meringues:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write('
'); }

1. Switsers/eenvoudig
Hier word suiker by die eierwit ingeklits. Die suiker word in twee fases by die eierwit gevoeg. Eers word ’n bietjie suiker bygevoeg om die eierwit te stabiliseer en dan word die res bygemeng tot die meringue dik en glansend is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

2. Italiaans
’n Warm suikerstroop word by die eierwitte gegooi terwyl jy klits. Die meringue is meer stabiel en word veral in bakkerye gebruik.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

3. Gekookte meringue
Die eierwit en suiker word by lae hitte en oor ’n dubbelkoker saamgeklits.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

#rooirosewenk
Keer dat meringue taai word: Strooi ’n lagie suiker in ’n lugdigte houer en voer met bakpapier uit voor jy die meringue insit.

As jou meringue flop!

Moenie huil nie. Meringue wat traan, of nie behoorlik krakerig bak nie, is steeds smullekker! Breek dit net in stukkies en pak dit in lagies met lekker goed soos:

• Bessiesorbet of sjokoladeroomys
• Dubbeldikroom
• Bessiesous (coulis) of karamelsous
• Vars bessies of perskes, vye en nektariens in kwarte gesny

Wat benodig jy?

Toerusting

• ’n Silwerskoon mengbak, metaal of glas werk die beste. Vermy plastiek, want die vetterigheid keer dat die eierwitte styf word.
• ’n Bakplaat met bakpapier uitgevoer. Skep ’n bietjie van die meringue op die hoeke van die bakplaat en voer met bakpapier uit. Die meringue is soos gom wat die bakpapier plat hou.
• ’n Hand- of elektriese klitser.
• ’n Spuitsak en spuitpunt as jy vorms wil spuit.

Vorm meringues so:

Vorm meringues met ’n groot lepel. Skep hopies van die meringue op ’n bakplaat sodat dit soos vryvorm mini-pawlowas lyk. Los plek tussenin oop, want hulle rys nogal.

Bestanddele

• Dit vat langer om koue, vars eiers styf te klop, maar hulle is stabieler as ouer eiers wat by kamertemperatuur geklits word.
• Eierwitte wat gevries was en voor die mengslag ontvries is, werk baie goed.
• ’n Knypie sout of kremetart help jou om meer volume in eierwit te klop.
• Kleur- en geurmiddels soos koffiepoeier, kakao of speserye in poeiervorm werk beter.
• Jelkleursel, verkrygbaar by spesialiteits-bakwinkels, werk baie goed om te kleur.

Wat is stywepuntstadium?

• Meringue moet tot stywepuntstadium geklop word.
• Die eierwit moet dik en glansend wees en ’n dik lint vorm wat sy vorm behou.
• As jy die klitser oplig, moet die eierwit vorm behou. Dit sal vanweë die suikerinhoud nie heeltemal regop staan soos droë eierwit nie.
• Eierwitte wat te min óf te lank geklits word, sal traan of uitbak en vassit.
• Klammigheid beïnvloed meringue. Moet liefs nie op ’n reëndag probeer bak nie, ook nie langs stomende potte probeer meng nie.

of

• Vul ’n spuitsak met ’n sterpunt met die mengsel. Vou die spuitsak oor jou hand sodat jy die meringue lekker diep in die sak kan skep en nie mors nie.
• Draai die sak aan die bokant toe sodat dit nie uitpeul nie en spuit op die bakplaat. Hou die spuitsak regop bo die bakplaat en druk saggies en eweredig. Dit help dat die meringue nie uitspuit nie en sodat die skuimpies ewe groot is.

Nog blink idees! Probeer hierdie resepte:

Meringue-sirkels

Bessiestroop en meringue-bakkies

Grenadella-en-amandel-roulade

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

2 days Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.