Serves:Lewer sowat 250 ml (1 k) mayonnaiseNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Kry die bestanddele gereed:
• 1 heel eier
• 30 ml (2 e) suurlemoensap of witasyn
• 5 ml (1 t) Dijon-mosterd
• 5 ml (1 t) suiker
• knypie sout en gemaalde swartpeper
• 250 ml (1 k) sonneblomolie
Instructions
1 Meng die eier, asyn, mosterd, suiker, sout en peper in voedselverwerker. 2 Voeg die olie in ’n egalige straal by terwyl die verwerker aan is.
#rooirosewenk
• Die mayonnaise kan ook met ’n handklitser gemaak word. • Die geheim is dat die mengsel deurentyd geklop moet word terwyl die olie bygevoeg word om die emulsie te vorm.
Klik ook op die skakels onder vir lekker resepte met mayonnaise: