Vars steurgarnale moet liefs op die aankoopdag gaargemaak word. Indien jy nie vars steurgarnale in die hande kan kry nie, is rou, gevriesde steurgarnale jou beste keuse. Steurgarnale is hoogs bederfbaar en moenie ontdooi en weer gevries word nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }– Vermy steurgarnale wat afgedop, gekook en gevries is. Hulle is smaakloos en waterig.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }– Sny die agterkant van die garnaal met ’n skerp mes oop – so 3 mm diep. Verwyder die dermpies en spoel die garnale af voor jy hulle gaarmaak.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }– Vir die beste geur moet steurgarnale in hul doppe gaargemaak word, dit hou hulle ook heerlik sappig. Garnale is gaar wanneer die doppe ’n pragtige pienk kleur, vry van enige blou of grys merke, kry. Die vleis moet ferm en die doppe effens los wees. As jy wel die doppe verwyder, gebruik dit as geurmiddel vir soppe, souse of gegeurde botters.
– Kook of panbraai steurgarnale vir nie langer as 2-4 min. nie, afhangende van die grootte en of die doppe verwyder is. Let op die volgende wanneer jy steurgarnale koop:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }– Die doppe moet ferm en deursigtig wees, nie gebreek en glibberig nie.
– Daar moet geen merke of kolle op die kop of doppe wees nie en hulle moet vars en souterig soos die see ruik.
– Die oë moet blink en plomp wees. Vermy garnale sonder oë of waarvan die oë ingesak is.
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.