kategorieë: KosJy kan

JY KAN konfyt kook

Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die seisoen, vir later in te lê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

STAP 1: Weeg

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Spoel die bestanddele noukeurig af en geur soos nodig met speserye of sitrusskil en sap. Die meeste resepte werk as jy gelyke hoeveelhede suiker tot vrugte gebruik, afhangende van die vrug se natuurlike suikergehalte. Konfyt het die regte verhouding suiker, pektien en suur nodig om te set.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

STAP 2: Laat staan

Bedek die vrugte vir sowat 3-4 uur met die suiker. Die suiker los in die vrugtesappe op wat die kooktyd verkort. Indien die tyd te min is, kan die suiker in ’n glasbak in die mikrogolf of op ’n bakplaat in die oond verhit word – die warm suiker smelt vinniger.

STAP 3: Kook tot setpunt

Setpunt is ’n algemene term in konfyt kook, maar hoe toets ek daarvoor? Setpunt is die fase waarin die konfyt die regte konsistensie bereik het, nie te loperig en te taai nie.

Toets so:

  • Sit vooraf ’n kleinbordjie in die vrieskas.
  • Drup ’n bietjie van die konfyt op die koue bord en laat vir ’n paar minute afkoel. Trek ’n skoon vinger deur die konfyt, wanneer die oppervlak verrimpel en die konfyt nie afdrup nie, is dit gereed.
  • Indien setpunt ná die eerste kookslag van 5-10 min. nie bereik is nie, kan dit vir nog 5 min. op ’n slag gekook word. Toets deurgaans. Bottel die konfyt en bêre vir later.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

6 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

6 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

6 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

6 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

7 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

11 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.