Ons wys jou hoe om in 3 maklike stappe rabarber, een van die lekkertes van die seisoen, vir later in te lê. TOETS SOJY KAN konfyt kook
Instructions
STAP 1 Weeg
Spoel die bestanddele noukeurig af en geur soos nodig met speserye of sitrusskil en sap. Die meeste resepte werk as jy gelyke hoeveelhede suiker tot vrugte gebruik, afhangende van die vrug se natuurlike suikergehalte. Konfyt het die regte verhouding suiker, pektien en suur nodig om te set.STAP 2 Laat staan
Bedek die vrugte vir sowat 3-4 uur met die suiker. Die suiker los in die vrugtesappe op wat die kooktyd verkort. Indien die tyd te min is, kan die suiker in ’n glasbak in die mikrogolf of op ’n bakplaat in die oond verhit word - die warm suiker smelt vinniger.STAP 3 Kook tot setpunt
Setpunt is ’n algemene term in konfyt kook, maar hoe toets ek daarvoor? Setpunt is die fase waarin die konfyt die regte konsistensie bereik het, nie te loperig en te taai nie.
• Sit vooraf ’n kleinbordjie in die vrieskas.
• Drup ’n bietjie van die konfyt op die koue bord en laat vir ’n paar minute afkoel. Trek ’n skoon vinger deur die konfyt, wanneer die oppervlak verrimpel en die konfyt nie afdrup nie, is dit gereed.
• Indien setpunt ná die eerste kookslag van 5-10 min. nie bereik is nie, kan dit vir nog 5 min. op ’n slag gekook word. Toets deurgaans. Bottel die konfyt en bêre vir later.