1 Dis nie nodig om die knoffelhuisie te skil nie. Sit net die lem van ’n sjefsmes dwars op die knoffelhuisie en slaan met jou handpalm op die lem om die knoffelhuisie fyn te druk. Nou kan die skil maklik verwyder word.
2 Kap die knoffel fyn deur die lem van voor na agter te beweeg. Sit jou ander hand op die punt van die mes sodat jy die mes beter kan beheer. Strooi ’n bietjie growwe sout oor die gekapte knoffel. Smeer die knoffel met die mes se punt tot ’n gladde pasta.
3 Die geroomde knoffel kan nou by ’n slaaisous gevoeg word.
Stap 1
Stap 2
Stap 3