Teleurstelling is van melktandtyd af deel van ’n kind se ervaring: Mamma wil nie vir my die lekkertjie koop nie; my maatjie wil nie meer my maatjie wees nie; ek word nie vir die span gekies nie; my meisie maak uit; my selfoon val in die water; my ouers skei … Maar ongelukkig moet kinders ook maar die ander, moeiliker lewenslesse leer, soos dat die lewe nie regverdig is nie; dat die kaarte nie altyd reg val nie; dat jy soms nie kry wat jy verdien nie (en dikwels is dit ’n genade dat jy nie kry wat jy regtig verdien nie).
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dis ’n lewenswaarheid dat slegte dinge soos ongelukke, siekte, pyn met almal gebeur. Maar dis hoe jy daarop reageer wat die verskil maak. Die mense wat teleurstellings met optimisme en positiwiteit as uitdagings en ontwikkelingsgeleenthede benader, bewys dikwels dat wanneer jy jou hart op iets sit en hard werk, jy berge kan versit en die ondenkbare bereik. Volwassenes wat hierdie ingesteldheid as kinders reeds geleer het, hanteer die aanslae van die lewe gemakliker en suksesvoller. Kinders moet leer dat jou gedagtes, woorde en dade, veral ná teleurstellings, jou toekoms bepaal.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Wanneer jou kind in trane na jou toe kom en jy sien die hartseer, pyn of teleurstelling, wil ’n ouerhart ook maar breek. Dan probeer ’n mens instinktief keer dat die lewe die kind verniel, en is die versoeking daar om die teleurstelling te probeer versag, te troos, toe te gee, te gee wat hulle wil hê in ’n poging om met geld wat stom is, reg te maak wat krom is, of namens hulle te onderhandel.
Susan* sê: “’n Mens moet jou eie teleurstelling van jou kind se teleurstelling probeer skei. Jy verloor ook iets – iets waarop jy vir jou kind gehoop het. Toe my dogter Ané* se kêrel haar in die middel van haar finale eksamen onverwags los, het haar lewe in duie gestort. Sy, en ons, het gedink dis haar trouman. My selfstandige, onafhanklike presteerder was oornag ’n baba: Sy wou by my in die bed slaap en nie ’n oomblik alleen wees nie. Wanneer ek werk toe gaan, moes haar sussie by haar bly. Sy het nege dae lank byna niks geëet nie en gereeld gevra: ‘Wat moet ek doen? Wat moet ek doen?’
Ons raad was: Haal asem. Ervaar die emosie in al die intensiteit daarvan, al voel jy jy gaan dood. As dit jou omrol, rol maar – ons is hier. “Ek dink wat gehelp het, is dat sy heeltyd met ons gepraat het. Ek moet bieg dat dit baie van ons tyd en emosies geverg het, maar stadigaan kon sy haar al meer losmaak. Ná ’n jaar sou ek sê sy is amper daar. Sy sien nog nie kans vir hartseer of om haar in ’n verhouding te begewe nie. Sy vlug nog so ’n bietjie. Maar sy begin tog, so half speels en versigtig, om weer die landskap van verhoudings te verken.
Lees ook: Makliker met moeilike tieners: 20 wenke vir beter verhoudings
‘Ek is ’n skrywer’ Haar lewe lank al het Margaret Gardiner haar drome…
Wat is lekkerder as ’n yskoue yslollie op ’n warm somersdag? Probeer ons lekker resep…
Wat is somer sonder slaai? Hierdie Oosterse waatlemoenslaai sal jou mond behoorlik laat water. Resep…
Die geliefde kykNET-sepie Suidooster kry binnekort ’n opwindende nuwe toevoeging wanneer die talentvolle Mienke Ehlers…
Ons help diere al sedert 1892 om langer, gelukkiger, gesonder lewens te leef. Bob Martin…
Hierdie webwerf gebruik koekies.