Getooi met tierlantyntjies
Jy kan brosbroodkoekies getooi met plastiekversiersel en gefotostateerde plastiekversierselblomme maak.
Gaan so te werk
Plastiekversiersel word ook “suikerpasta” of ready to roll icing genoem en die klaarbereide versiersel kan by bakwinkels of supermarkte gekoop word. Knyp gholfbal-groottes af, knie tot sag en rol so dun moontlik op ’n skoon werkvlak uit wat liggies met versiersuiker bestrooi is.
• As jy wil hê die versiersuiker moet langer mooi hard bly, knie ’n knypie poeier genaamd “CMC” by die versiersuiker in.
• Jy kan die plastiekversiersel kleur deur ’n paar druppels voedselkleursel in te knie.
• Jy kan enige denkbare patroon of foto op die eetbare versiersel laat druk. Jy kan dit bestel in A4-bladsye of klein kolwyntjiepatrone. Knip jou patroon versigtig met ’n klein skêrtjie uit. Die bladsye word bros as dit te lank buite lê en skeur dan maklik wanneer jy dit knip. Hou tot benodig in die plastieksak waarin dit kom.
• Sit eers ’n lagie plastiekversiersel op die koek of koekies en plak die uitgeknipte, gefotostateerde plastiekversiersel met die “gom” bo-op vas.
• Versiersuikergom: Meng 125 ml (½ k) versiersuiker met ’n paar druppels water en meng tot ’n klewerige mengsel wat soos lym lyk. Smeer op die plastiekversiersel en plak vas.
Maak jou eie brosbrood. Klik hier.