Jy kán hierdie winter gemotiveerd bly vir oefening!

Jy kán hierdie winter gemotiveerd bly vir oefening! deur Anet Schoeman

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit bly maar ’n uitdaging om te oefen as dit nat en koud is, maar as jy eers in die gewoonte is, gaan jy só lekker voel. Boonop keer dit dat jy in die koue maande soos ’n mosbolletjie uitrys.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Jy kán gemotiveerd vir oefening bly hierdie winter!

Hier is 10 goeie wenke:

1. Oefen vir iets

Skryf vir ’n wedren in September in en vertel al wat leef en beef daarvan.

Lees ook: Jy vra: Hoekom kry mens net in die winter griep?

2. Brei jou klerekas uit

Kry die regte klere vir die weer. Beskou dit as ’n belegging in jou gesondheid.

Lees ook: 6 wenke vir wanneer jy oefenklere koop

Help, my oefenklere stink!

3. Teken in vir iets wat jou motiveer

Teken in op ’n oefentydskrif wat jou elke maand aan jou doelwitte herinner.

Lees ook: 7 maniere om jou bloeddruk laag te hou

Teken in vir rooi rose

4. Twee (of meer) is beter as een

Kry ’n oefenmaat of sluit by ’n klub aan.

Lees ook: 8 wenke om in die koue te draf

5. Word wakker met ’n glimlag op jou gesig.

Kies ’n lekker liedjie vir jou wekker, eerder as daardie irriterende wekkerklank. Jy sal makliker opstaan om te gaan oefen.

Lees ook: Die beste wenke vir winterfiksheid

6. Slim warm!

Kry ’n verwarmer met ’n outomatiese skakelaar (jy kan dit afsonderlik koop) wat jou kamer ’n halfuur voor opstaantyd begin warm maak .

Lees ook: Hou ’n slaapdagboek om jou nagrus te verbeter

7. Probeer iets nuuts

Kry ’n nuwe oefensoort vir die winter. Kyk na dansoefenklasse, nuwe tromoefeninge, regte danslesse, enigiets om jou aan die beweeg te kry. Hoor by die gim wat nuut en interessant is.

Lees ook: Jy is nooit te oud om fiets te ry nie!

28-dag oefenplan vir beginner-fietsryers

8. Warm op!

Warm op voor jy uitgaan deur rond te spring of vir ’n paar minute op die plek te draf.

Lees ook: Oorkom die winter blues!

9. Nou is ’n goeie tyd vir lesse

As jy graag ’n driekamp wil doen, is dit die tyd om aan ekstra swemlesse te bestee, of dalk aan Wattbike-fietsryklasse

Lees ook: Oefen só wanneer jy bibber

10. Oefen binne

Regtig te koud buite? Speel harde musiek en kry ’n oefenroetine wat jy in die huis kan doen.

Lees ook: “Plank”: Die een oefening wat almal elke dag moet doen

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

5 hours Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

6 hours Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

7 hours Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

10 hours Gelede

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

  1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…

11 hours Gelede

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.