DMK SKINCARE (DANNÉ MONTAGUE-KING) is leiers op hul gebied – noodhulp vir velprobleme. Hul velvernuwingsformules bied oplossings vir elke velprobleem. Hierdie bekende handelsmerk skep gevorderde, wetenskaplik geformuleerde velsorgprodukte met oplossings en behandelings vir elke velkwessie. Hul velsorgkennis strek oor meer as 40 jaar en hul toonaangewende wêreldwye velversorgingsreeks bied gespesialiseerde behandelings om elke vel te help herstel.
Met klinieke in meer as 32 lande fokus DMK se behandelings onder meer op hul unieke ensiemterapie wat die vel fermer maak, opbou, herbou, beskerm en onderhou.
DMK is die breinkind van die konsepgedrewe wetenskaplike, Danné Montague King, en is ontwerp om velsorg sistematies te bestuur deur wetenskaplik-botaniese formules wat met die vel se eie chemie werk. In teenstelling met die kort lewensiklus van produkte in die tradisionele kosmetiese mark, verander DMK se formules nie. Hulle bly konsekwent by hul oorspronklike uitgangspunt, om die vel te herstel en weer op te bou.
Die pakket sluit die volgende in:
Milk Cleanser
Hierdie melkreiniger is geformuleer met ’n wateroplosbare basis waarin essensiële kruie-olies gebruik word. Dit is geskep vir die fyn, sensitiewe vel. Dit is ‘n lae pH- gebalanseerde skoonmaakmelk en bevat bas van die wit eik, berkehout, yucca- en sojaboon-ekstrakte en is geskik vir die droë, delikate of sensitiewe vel.
Hydroloc
Hierdie unieke voedende room sluit vog in die vel in en voorkom trans-dermale waterverlies. Dit is die perfekte room vir moeë vel en help met die voorkoming van plooie en fyn lyne.
Hydrating Masque
Hierdie masker hidreer die vel wat aan transdermale waterverlies ly. ’n Droë vel is meer geneig tot inflammasie, irritasie en sensitiwiteit. Dit laat die vel plomper en fermer voel, en fyn lyne en plooie sal geminimaliseer word. Hydrating Masque is ontwerp om voortydige veroudering te verhoed en help om die vel te beskerm teen skadelike vrye radikale en omgewingsstres.
Massaging Facial Brush
Hierdie borsel bestaan uit sagte silikoonhare wat gekombineer word met ‘n sagte vibrerende aksie om jou DMK-reinigers te help indring in porieë om dooie velselle, oortollige olies, grimering en ander ongewenste stowwe te verwyder sonder irritasie of ’n skuur-aksie. Die sagte masseeraksie stimuleer ook mikro sirkulasie wat help om die selle aan suurstof bloot te stel en intersellulêre toksiene weg te spoel.
Vir meer inligting besoek hul webtuiste en volg hul op Instagram en Facebook .
[gravityform id=”467″ title=”true” description=”true”]
Kompetitsie sluit 14 Julie 2019 . Bepalings en voorwaardes geld.