kategorieë: Leef gesondGesondheid

JY KAN belê in die beste vitamiene

Gelukkig het ons te min geld om alle aanvullings aan te skaf, want navorsing wys dat te veel vitamiene en minerale net so skadelik soos te min is. Tog wys navorsing ook dat ons beslis tekorte het, weens stres of bloot omdat sekeres soos die omega-3’s nie voldoende deur ons kos voorsien kan word nie. Ons het die voedingkundiges en aptekers van Clicks, Vital en Solal gevra wat hulle vir gesonde mans van 35 – 50 sal aanbeveel. Hier is hul saamgestelde aanbevelings:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Wat alle mans kortkom

Omega-3

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Al drie groepe beveel hierdie een aan. Maar koop gehalte. Clicks sê dit beteken ’n omega-3-kapsule met minstens 120 mg DHA en 180 mg EPA. Jou man (en jy) benodig 2 000 mg omega-3 per dag, of drie porsies Weskusvis soos snoek of sardiens per week. Die nuwe gewilde bron is kril, sê Solal, wat uit die onbesoedelde see rondom Antarktika geoes word en tot 48 keer meer aktief is as omega-3’s uit ander bronne.

Moenie geld bestee aan ’n formule met omega-6 (met ander woorde sonneblomolie) nie, aangesien ons dieet ons hiervan oorvoorsien.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Wees op die uitkyk na: Clicks Salmon Oil Omega 3, Vital Omega 3 Concentrate, Solal Krill Oil.

’n Anti-oksidant

Ook op al drie se lys, om ons mans teen ons algemeenste mannekankers, dié van die prostaat en spysverteringskanaal (kolon, maag en slukderm) te beskerm. Al drie beveel een met likopeen en/of druiwepitekstrak (resveratrol) aan. Vital sê die prostaat moet van vroeg af gesond gehou word met spesifiek vitamien E en sink (Zn). Solal sê ’n goeie formule bevat minstens likopeen, selenium, sink en Q10.

Wees op die uitkyk na: Solal Health Prescriptions, Vital Prostate Gland, Solal Supernutrient Anti-Oxidant.

’n Multivitamien

As jou man vyf porsies vrugte en groente per dag kry, kan julle dié een oorslaan. Tussen ons gesê is groente en vrugte baie beter as laboratoriumgemaakte pille omdat hulle minstens 900 ander komponente as net die 10-50 basiese vitamiene en minerale in pilletjies bevat. Daarby is hulle ons hoofbron van vesel, ons beste beskermer teen kolonkanker.

Wees op die uitkyk na: Vital Men, Solal Health Prescriptions All You Need For Men.

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

2 days Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

2 days Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

2 days Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.