1 Room Botter, suiker en eiers word saam geroom om ’n emulsie te vorm en om lug in te sluit. Room eers die botter tot sag en voeg dan die suiker en eiers saam by. Klop die mengsel tot dik en liggeel. 2 Afmeet 3 Panne uitvoer 4 InvouJY KAN bak soos ’n meester
Instructions
Akkuraatheid is hier die wagwoord. Die regte manier om droë bestanddele af te meet, is deur die meel in die maatkoppie te skep en sonder om dit vas te druk, die ekstra meel met die stomp kant van ’n mes of ’n paletmes af te skraap. Maar dis tog betroubaarder om die bestanddele in gram af te weeg. Belê gerus in ’n kombuisskaal en weeg jou bestanddele sommer maklik en akkuraat af. Smeer maatlepels met ’n bietjie botter of olie voor taai bestanddele soos stroop en heuning afgemeet word - die taai besigheid gly uit die lepel en die afmeting is baie akkurater.
Gaan so te werk: Trek die boom van die pan met ’n potlood op bakpapier af en sny uit. Smeer die pan goed met botter en druk die bakpapiervorm vas. Laastens word daar ’n knypie meel in die pan gegooi en geskud tot die pan bedek is. Die meel help met die rysproses. Berei die pannetijes voor jy begin meng sodat die beslag dadelik ingeskep kan word.
Dié delikate beweging moet versigtig gedoen word sodat al die lug wat ingeklop is, nie weer met die roerslag verlore gaan nie. Vou in deur ’n syfer 8 met ’n metaalepel te maak en die mengsel hoog op te lig. Die agterkant van die lepel moet met elke beweging gesien kan word.