kategorieë: KosJy kan

Jy kan Bain-marie

Die gaarmaakmetode Bain-marie word gebruik om geregte wat baie eiers bevat en wat maklik kan skif (en daarom nie hoë temperature kan weerstaan nie) gaar te maak.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Eiers stol redelik vinnig by 63 °C – 66 °C, daarom is dit belangrik om die temperatuur laag en konstant te hou. Water hou die temperatuur eweredig sodat iets soos ’n vla syglad set en nie ná die bakslag soos roereiers lyk nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Doen dit so

1 Verhit die oond volgens die resepaanwysing en skuif die oondrak na die middel van die oond. Sit ’n afdrooglap onder-in ’n diep oondpan sodat die bakkies nie rondskuif nie en sit die bakkies op die lap. Vul die bakkies ²⁄³ met die vlamengsel.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

2 Werk baie versigtig. Gooi genoeg kokende water in die pan om die kante van die bakkies ¾ te bedek. 3 Gebruik twee vadoeke en tel die oondpan baie versigtig in die oond, of sit die oondpan eers in die oond en vul dan met kookwater. Bak volgens die resep. Laat in die waterbad afkoel voor jy dit uitkeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: eiersvla

Onlangse plasings

Mango-en-klapper-yskastert met pynappelgranita

Die nuwe kaaskoek! Ons Suid-Afrikaners hou mos van ’n lekker yskastert. Maar ongelukkig is dit…

2 days Gelede

Steak-en-sampioen-roerbraai

Genoeg vir 4-6 Bestanddele   Sous 60 ml (¼ k) perskeblatjang 60 ml (¼ k)…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met musieklegende Jannie du Toit oor sy opwindende jaar wat voorlê

In die wêreld van Suid-Afrikaanse musiek is daar sterre, en dan is daar legendes. Jannie…

2 days Gelede

‘Die Byl’ groet ná ses seisoene

“Mens weet nooit, terwyl jy bloed en trane stort soos jy aan ’n produksie werk,…

2 days Gelede

Frikkadelle in tamatiesous

Genoeg vir 4-6.   Bestanddele   4 snye bruinbrood, korsies verwyder 125 ml (½ k)…

2 days Gelede

Wees positief, leef langer

Is jou beker half leeg of half vol? Maak seker jy hou daardie metaforiese beker…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.