kategorieë: Nuut & NouKos

Jy is wat jy eet: Soesji

  • Behalwe dat soesji die smaakknoppies streel, kan dit ook wondere vir jou hart, brein en algemene welstand verrig.
  • Soesji is ryk aan omega 3-vetsure. Afhangende van die soort vis wat gebruik word, kan soesji as laevetvoedsel geklassifiseer word.
  • Wanneer die vis saam met rys en avokado geëet word, is dit die perfekte gebalanseerde maaltyd.
  • Die norivelle bevat hoë vlakke vitamien A, C en Bkompleks. Dit help ook met die spysvertering

Maak so: TUNA

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die dae is verby dat ons tuna net uit ’n blik hoef te eet. Dié lekkerny is deesdae vars beskikbaar.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Kies so

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die connoisseur se keuse is blouvintuna. Dié soort tuna het meer vet as die res van sy familie en is ook geuriger. Die vleis het ’n donkerrooi kleur en lyk byna soos rou beesvleis. Maak seker daar is nie droë plekke, bruin kolle of ’n reënboogskynsel op die vis nie.

Idees met tuna

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Marineer vars tuna in Tequila, balsemkruid en kruisement.
  • Maak ’n tuna-tartare. Sny die tuna in blokkies en meng met gekapte ui, grasuie, lemmetjieskil, koljander en die geel van ’n kwarteleier.
  • Die maklikste manier om vars tuna voor te berei is om dit soos ’n biefstuk in die pan te braai.
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

18 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

19 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

19 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

21 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

23 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.