- Behalwe dat soesji die smaakknoppies streel, kan dit ook wondere vir jou hart, brein en algemene welstand verrig.
- Soesji is ryk aan omega 3-vetsure. Afhangende van die soort vis wat gebruik word, kan soesji as laevetvoedsel geklassifiseer word.
- Wanneer die vis saam met rys en avokado geëet word, is dit die perfekte gebalanseerde maaltyd.
- Die norivelle bevat hoë vlakke vitamien A, C en Bkompleks. Dit help ook met die spysvertering
Maak so: TUNA
Die dae is verby dat ons tuna net uit ’n blik hoef te eet. Dié lekkerny is deesdae vars beskikbaar.
Kies so
Die connoisseur se keuse is blouvintuna. Dié soort tuna het meer vet as die res van sy familie en is ook geuriger. Die vleis het ’n donkerrooi kleur en lyk byna soos rou beesvleis. Maak seker daar is nie droë plekke, bruin kolle of ’n reënboogskynsel op die vis nie.
Idees met tuna
- Marineer vars tuna in Tequila, balsemkruid en kruisement.
- Maak ’n tuna-tartare. Sny die tuna in blokkies en meng met gekapte ui, grasuie, lemmetjieskil, koljander en die geel van ’n kwarteleier.
- Die maklikste manier om vars tuna voor te berei is om dit soos ’n biefstuk in die pan te braai.