kategorieë: WenkeMode

Jy en jou bra: 5 algemene wanopvattings

Die Victoria’s Secret-modevertoning het gisteraand teruggekeer met sy ikoniese glans en skoonheid. Terwyl die wêreld na die beroemde modelle kyk, word dit weereens duidelik hoe belangrik die regte keuse van onderklere is, veral wanneer dit by bras kom. Jou bra moet jou beste vriendin wees, maar sak jou gemoed as jy net aan die eindelose uitsoek- en aanpasproses dink? Jy is beslis nie alleen nie!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); } '); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Hier is vyf mites wat dikwels met bra’s assosieer word en hoe jy jou soektog na die perfekte bra kan verbeter.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

  • Jy bly by een grootte bra

Jou borste verander nes jou liggaam, indien nie meer dikwels nie. Faktore soos hormone, gewigsverandering en swangerskap beïnvloed die grootte en vorm van jou bors. Meet gedurig jou borste en evalueer hoe jou liggaam verander het. Let op dat verskillende bra-handelsname en -tipes ook ’n invloed op jou koppiegrootte gaan hê: Jy kan tot meer as een koppiegrootte wissel as dit kom by verskillende bra’s.

  • Jy dra een bra vir ’n leeftyd

Jou bra is seker een van die items in jou klerekas wat die meeste stremming ondergaan – sweet, vogtigheid, verwringing en wasse kan jou bra verweer. Die standaard-kwaliteitbra verduur ongeveer 95 handwasse voor dit uitrek en vervang moet word. Kyk na die rekbaarheid van jou bra, omdat dit ’n groot rol speel in die gemak. Dit is ook belangrik om meer as een bra terselfdertyd te besit sodat jy in ’n siklus kan wissel.

  • Jy weet nie wat jou grootte is nie

Een van die grootste foute wat vroue maak is om nie te weet wat hul bra- en koppie-grootte is nie en is te skaam om hulp te vra. Winkelassistente is daar vir ’n doel en is dikwels opgelei om jou met mates en style te help. Moenie skaam wees om hulp te vra of te erken as jy nie weet hoe om jou mates te neem nie. As jy wel self jou mates neem, maak seker jy meet met die korrekte toerusting.

Lees ook: Hoe om vas te stel wat jou bragrootte is

  • Jy sê “alle bra’s het dieselfde doel…”

Hoewel die bra se hoofdoel ondersteuning is, is daar verskeie ander onderafdelings waarin verskillende bra’s geklassifiseer kan word. Opstoot, sportsnit, draadloos, soomloos … Identifiseer jou liggaamstipe en kies die beste snit en styl vir jou. Jy kan ’n bra vir spesiale geleenthede hou, soos ’n glansgeleentheid waar jy ’n rok met ’n unieke hals dra, of een sonder bandjies as jou skouers oop is, maar jou daaglikse bra’s moet so gemaklik sit dat jy daarvan kan vergeet.

Lees ook: Detoks jou klerekas in ’n japtrap

  • Jou bra het te veel draadwerk

As jy groter borste het, beteken dit nie jy móét ’n bra dra met draadondersteuning nie. Baie vroue vind dat hoewel die draad meer ondersteuning bied, maak sommige snitte hul dikwels seerder en dus verkies hulle ’n sagter styl. Sommige draadlose bra’s behels koppies met spesifieke sponstegnologie wat ’n soortgelyke ondersteuning as die onderkant van jou bra bied.

As jy wel ’n draadondersteuning verkies, hou die volgende in gedagte:

  • Maak seker die draad het ’n effense kurwe wat die vorm van jou borskas aanneem – onthou jou bors is nie plankplat nie! Dit sal ook help dat die draadente nie jou ribbes deurboor nie.
  • Maak seker die draad behels ’n mate van buigbaarheid om saam met jou liggaam te beweeg en volle ondersteuning en gemak bied.

Lees ook: 8 wenke vir daardie perfekte denimpaar

Deel
Gepubliseer deur
Bea Lingenfelder

Onlangse plasings

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

34 mins Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

23 hours Gelede

Drie goed wat jy oor ‘Suidooster’ se stormagtige April móét weet

Dit blyk ’n paar Ruiterbosch-inwoners gaan in April vir die gek gehou word danksy allerhande…

1 day Gelede

Van Siprus se skaduwees tot Aronspoort se geheime – twee verhale vol liefde en gevaar

Wanneer gevaar met romanse gekombineer word, is ’n boek nie net ’n storie nie, maar…

2 days Gelede

Kom Clarens toe vir die kunstefees op 1 Mei!

Die fees word vanjaar van 1 tot 4 Mei gehou.    [gallery columns="2" size="medium" ids="151862,151861"]…

2 days Gelede

Bak vir Eid al-Fitr: Groot dinge gebeur as daar tradisie, samehorigheid en soet vieringe is

Die kern van hierdie tradisie is die kuns daarvan om so te bak dat eenvoudige…

2 days Gelede