kategorieë: Sukses en geldJou lewe

Is jy altyd laat?

Wees nou eerlik, is jy een van daai mense wat ALTYD laat is? Jou wekker het nie afgegaan nie, ’n pap band, druk verkeer, jou hond of kind wat siek word … Jou verkonings is kreatief en nimmereindigend. ’n Studie aan die Staatsuniversiteit van San Francisco het bevind dit is nie noodwendig omdat laatkommers nie jou tyd respekteer nie. Dit het eerder te doen met ’n persoonlikheidstipe wat van die adrenalienbruising hou wanneer hulle op die nippertjie opdaag. Byna soos ’n eindpoging wenstreep toe!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Maar wees gewaarsku, alewige laatkommery skep wel die indruk dat jy nie ander mense se tyd respekteer nie en ongeorganiseerd en geen selfbeheer het nie. Jy jaag boonop jou bloeddruk en stresvlakke deur die dak as jy altyd op die laaste oomblik iewers instorm.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Wat kan jy doen?

Wees realisties: Mense wat gedurig laat is, is ewig optimisties oor hoe lank dit duur om take uit te voer of by plekke uit te kom. Skryf neer hoe lank jy dink dit jou neem om in die oggend aan te trek, hare te was, kinders ontbyt te gee, kantoor toe te ry … Hou dan ’n week lank boek van hoe lank dit jou werklik geneem het om dit te doen. Jy sal verbaas wees hoeveel langer dinge duur as jy realisties is. Mense wat gedurig laat is, is oor die algemeen 25-30% ooroptimisites met hierdie skatting. Jy mag dink dit duur 25 minute om soggens reg te maak terwyl dit in werklikheid nader aan 35 minute is.

• Gee jouself buffertyd: Wees eerder ’n paar minute te vroeg as te laat. Beplan om kwart voor nege vir ’n negeuur-afspraak op te daag. Jy kan altyd deur e-posse werk terwyl jy wag.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

• Weese meer georganiseerd: Beplan haarfyn voor die tyd om jou tyd te spaar. Maak toebroodjies vir die kinders en jouself die aand voor die tyd, besluit wat jy wil aantrek en sit jou klere reg, sorg dat jou sleutels reg lê by die voordeur … As jy gim toe gaan voor die tyd, pak jou sak en sit dit by voorbaat in die motor. Dek die tafel vir ontbyt die aand voor die tyd en sit ontbytpap uit.

Dissipliseer jouself: As jy twee minute voor jy moet vertrek ’n e-pos ontvang, ignoreer dit. As iemand bel, sê jy skakel later terug.

• Gebruik tegnologie: Gebruik jou selfoon of rekenaar om jou te herinner aan afsprake en jou betyds waarsku.

• Gebruik ’n wekker: Stel jou selfoonwekker om jou betyds te hou. As jy besluit het dit neem 5 minute om te stort, stel jou wekker en draai die kraan toe as jy die wekker hoor.

• Wees realisties oor wat jy kan doen: As jy te veel probeer inpas, gaan jy nooit alles klaarkry nie. Leer om “nee” te sê as jy voor jou siel weet jy het nie genoeg tyd nie.

Lees ook: 7 maniere om jou hoë bloeddruk te verlaag

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

4 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

14 hours Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

1 day Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

1 day Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

1 day Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.