kategorieë: WenkeMode

Sorg vir jou juwele

1. Verwyder jou juwele as jy takies in en om die huis doen. Tuinwerk, huis skoonmaak en skottelgoedwas kan jou pragstukke aan chemikaliëe en skoonmaakmiddels blootstel wat dit kan beskadig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

2. Sit jou juwele aan nadat jy jou grimering gedoen het. Haarsproei, parfuum, rome en grimeerprodukte kan skade aanrig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

3. Verwyder jou juwele as jy swem of vir ’n spa-behandeling gaan. Water wat chloor bevat kan met die metale in jou juwele reageer en kleurverandering meebring. Verwyder ook voor jy bad of stort. Seep kan ’n lagie op die items agterlaat wat dit vaal sal laat voorkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maak jou juwele so skoon

1. Gebruik ’n professionele politoerlappie vir die beste resultate. Moenie sneesdoekies of ander lappe gebruik nie, aangesien die vesels in die lappe nadelig kan wees.

2. Maak sorgvuldig skoon. Koop professionele skoonmaakmiddels of gebruik alkohol om merke te verwyder. Vermy enige bleikmiddels.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

3. Warm water doen ook wonders om juweliersware skoon te hou. Warm water kan reageer met skoonmaakmiddels wat verkleuring aanhelp, veral met sterling silwer-items. Hierdie probleem kan oorkom word deur herhaaldelike polering.

Bêre jou pragstukke so

1. Bewaar jou juwele in ’n houer en maak seker dat die items knus lê en nie rondskuif nie. Juweliersboksies met materiaalvoering is ideaal.

2. Voorkom verdowwing, veral met goud en silwer. Om die blink kant bo te hou, plaas papiertjies wat dit teenwerk in jou juwelekissie sodat die oksidante (wat dié probleem veroorsaak), geabsorbeer sal word.

3. Formuleer ’n lys van al die juwele in jou besitting. Dit kan maklik wegraak of gesteel word. Dit is ook handig vir jou verekeringseise. ’n Foto, beskrywing en koste van die stuk is belangrike notas wat aangeteken moet word.

4. Wanneer jy met jou juwele reis, gebruik ’n reistassie om jou gunsteling items te beskerm.

Lees ook: Juwele van goud of silwer: Wat sal die beste by my lyk?

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

1 hour Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Kreatiewe verskille kelder een van die spanne

Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…

14 hours Gelede

Pampoenbredie

Genoeg vir 4 Bestanddele   15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…

1 day Gelede

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

2 days Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

2 days Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.