kategorieë: Bekendes

Justin Dingwall: Groot sukses vir SA-fotograaf

Justin het die solo-uitstalling in samewerking met twee Albinotiese modelle, Thando Hopa en Sanele Xaba, gedoen om ná drie jaar met ‘n asemrowende foto-reeks die kunswêreld te betree. Deur dié reeks ondersoek Justin die estetika van albinisme* in teenstelling met die geïdealiseerde siening van skoonheid. Hy maak ook gebruik van verskeie soorte simboliek om die boodskap agter elke kunswerk te versterk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die reeks verleen ook sy uniekheid aan die wyse waarop Justin sy modelle benader het. Dit is veral kenmerkend dat elke foto hetsy vir Thando of Sanele ophef en ‘n gevoel van gelykheid skep. Dit dra by tot die algehele boodskap dat vooroordele rakende skoonheid afgebreek moet word ten einde almal oor dieselfde kam te skeer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hoewel Albus reeds wêreldwyd in verskeie galerye te sien was, is die volledige versameling op 17 Februarie vir die eerste keer in die kunsgalery van die Noordwes-Universiteit van Potchefstroom (NWU-Puk) uitgestal. Volgens Suen Muller, bemarkingskoördineerder vir Lizamore Galery, sal dié reeks ook binnekort volledig in Europa te sien wees.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Deur sy kunswerke hoop Justin om ‘n globale gesprekvoering oor die persepsie van skoonheid te bewerkstellig. Hy verduidelik ook dat hy veral deur Albus dit wat nie as beeldskoon aanvaar word nie, op ‘n geïdealiseerde wyse as beeldskoon wil voorstel.

“Ek wou ‘n reeks beelde skep wat by die mensdom aanklank vind en dit wat as aanskoulik geag word, laat bevraagteken,” het Justin gesê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Albus is tot en met 8 April in die NWU-Puk kunsgalery te sien.

Volg Justin op sosiale media:
Instagram
Facebook
Twitter

Besoek sy webtuiste vir meer inligting. Klik hier.

*Albinisme raak elke etniese groep en word gekenmerk deur die ontoereikendheid van melanien wat die vel en haarkleur bepaal.

       

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die Maart-uitgawe van rooi rose móét lees!

  ‘Ek is ’n skrywer’ Haar lewe lank al het Margaret Gardiner haar drome…

2 days Gelede

Bloubessie-en-jogurt-yslollies

Wat is lekkerder as ’n yskoue yslollie op ’n warm somersdag? Probeer ons lekker resep…

2 days Gelede

Tamatietert

Hierdie is my vriendin Anita se smullekker resep. Genoeg vir vier.

2 days Gelede

Oosterse waatlemoenslaai

Wat is somer sonder slaai? Hierdie Oosterse waatlemoenslaai sal jou mond behoorlik laat water. Resep…

2 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Mienke Ehlers oor haar rol as ‘Suidooster’ se nuwe waaghals

Die geliefde kykNET-sepie Suidooster kry binnekort ’n opwindende nuwe toevoeging wanneer die talentvolle Mienke Ehlers…

2 days Gelede

Bob Martin ken troeteldiere

Ons help diere al sedert 1892 om langer, gelukkiger, gesonder lewens te leef.  Bob Martin…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.