Agter die skerms: Julie-mode deur Bea Lingenfelder en Susra Matthee. Hooffoto: Bea Lingenfelder.
Die 11 beste wenke vir ’n maksimalistiese voorkoms
Voel jy geïnspireerd deur ons Julie-modestorie, maar is nie doodseker hoe om dit reg te kry nie?
- Balanseer jou besige uitrusting met ’n swart of wit item.
- Moenie bang wees vir blink nie – blinkers pas by alles (ja, alles)
- Verruil jou jeans vir ’n prettige romp saam met tekkies en ’n t-hemp.
- Kleurvolle tekkies kikker dadelik ’n uitrusting op
- Strepe van verskillende groottes speel in op dimensie en vorm. Dit skep ’n meer vleiende figuur as strepe wat almal ewe breed is.
- Dink aan jou voorkoms as ’n kunswerk – dit bestaan nie net uit lukrake dele sonder sin nie, fokus op hoe die prentjie bymekaar pas en as ’n geheel lyk.
- Laat jou persoonlikheid sterk vertoon word, want hierdie trend handel oor uitdrukking en emosie, eerder as perfeksie.
- Probeer ’n bekende se styl naboots en as riglyn gebruik – kies egter ’n bekende se styl waarby jy kan identifiseer.
- Onthou om steeds gemaklik te wees.
- ’n Kleurvolle rok is ’n goeie belegging, omdat jy dit maklik met ander neutraler items kan stileer as jy ’n bietjie oorweldig voel met die oordadige trend.
- Elke item is belangrik. Om te verhoed dat jy soos ’n bondel wasgoed lyk, moet jy noukeurig dink oor elke item wat jy by jou uitrusting voeg – selfs jou paar sokkies!
Kyk hier na ‘n paar agter-die-skerm-foto’s van ons Julie-modestorie:
Produksie deur Susra Matthee
Fotograaf: Caroline Mclelland van Supernova
Hare en Grimering: Lisa Bailey van Supernova
Modelle: Anouschka van Bossmodels / Hui van My Friend Ned
Mode-assistent : Bea Lingenfelder
Baie dankie aan Colourlab dat ons die fotos by julle kon neem. Vir meer inligting besoek www.colourlab.co.za
Dankie ook aan Baz’Art wat ons toegelaat het om teen die kunsmuur van Tim Marsh af te neem. Vir meer inligting besoek baz-art.co.za