Judith Jones is gisteraand in die ouderdom van 93 oorlede. Die oorsaak van haar dood is toegeskryf aan komplikasies van Alzheimer se siekte. Sy was bekend as redakteur van kookboeke en ander tekste wat ’n impak op ’n wêreldwye leserskap gehad het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Jones het in die vroeë vyftigerjare as redakteursassistent in Parys by Doubleday Boekehuis gewerk. Sy het onder andere gewerk met die vertalings van boeke deur Jean-Paul Sartre en Albert Camus. Die 27-jarige Jones is eendag opdrag gegee om afkeuringsbriewe te skryf aan outeurs en ander uitgewers wat hul boeke aan hulle gestuur het. Die Dagboek van Anna Frank, wat op daardie punt net in Nederlands en Duits beskikbaar was, het op hierdie hopie gelê. Jones het dit raakgesien en besluit om dit eers te lees voordat sy dit sou afkeur, want die gesig van die meisie op die voorblad het haar aangegryp. Sy was dadelik oortuig dat dit gepubliseer moet word en het dit toe ook gedoen. Sedert die Engelse vertaling is dit in meer as 60 tale vertaal en meer as 30 miljoen kopieë is wêreldwyd verkoop.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Jones het daarna na Knopf, ’n ander boekehuis, geskuif in die Verenigde State en dis hier waar sy nog ’n boek gered het wat afgekeur sou word. Hierdie keer was dit ’n kookboek deur die toe onbekende Julia Child en twee ander mede-outeure, Simone Beck en Louisette Bertholle. Die boek was Mastering the Art of French Cooking, wat kosmaak in Amerika heeltemal verander het deur eenvoudige dog smaaklike resepte. Meer as 1 miljoen kopieë is wêreldwyd verkoop en Child het bekend geword en selfs haar eie TV-program aangebied waar sy Franse kookmaniere in die Amerikaanse huishouding gebring het.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Jones was self lief vir kos en kosmaak, en het konstant haar oë oopgehou vir nuwe en innoverende kookboeke en -style. Sy het self ook kookboeke geskryf, en memoirs oor haar liefde vir kos bekendgestel. Sonder Jones sou kookkuns vandag baie anders wees.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Daar het ook ’n spesiale gas opgedaag – dié keer was dit Jess van Dyk…
Genoeg vir 4 Bestanddele 15 ml (1 e) olyf- of avokado-olie 1,5 kg lamsvleis…
Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…
Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…
Hierdie webwerf gebruik koekies.