Juanita du Plessis, een van Suid-Afrika se mees geliefde sangeresse, is terug met ’n splinternuwe enkelsnit, Ek Belowe. Die enkelsnit roep herinneringe op aan klassieke treffers soos Tussen Woorde, Lief Vir Jou en Dis Tyd, maar met ‘n verfrissende moderne kinkel.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Ek Belowe is geskryf deur Juanita du Plessis self, saam met haar talentvolle dogter, Franja du
Plessis. Die liedjie is nie net ’n viering van romantiese liefde nie, maar eerder ‘n huldeblyk aan enige
kosbare verhouding in die lewe. Met ’n aangrypende melodie en roerende lirieke, is Ek Belowe ’n
lied wat diep in die harte van luisteraars sal kruip.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Hierdie nuwe vrystelling volg op die ongekende sukses van Juanita se vorige enkelsnit, Liewe Jinne,
wat reeds meer as 8 miljoen kyke en strome opgeteken het. 2024 beloof ’n groot jaar te wees vir
Juanita du Plessis met ’n reeks nuwe musiek wat op pad is. Liewe Jinne en Ek Belowe is die eerste
twee enkelsnitte van ‘n vol album wat op pad is.
“Ek loop al vir vyf jaar met hierdie liedjie in my kop rond. Dis spesiaal vir huweliksmaats geskryf om
hulself te herverbind tot die huwelik of verhoudig en ek hoop dat elkeen wat die liedjie luister, dit
iewers in hul lewe vir iemand spesiaals kan speel,” verduidelik Juanita oor die inspirasie agter, Ek
Belowe.
Juanita du Plessis verjaar ook vandag!
Ek Belowe is nou op alle gewilde musiekplatforms digitaal beskikbaar.
Lees ook: 10 redes waarom jy die Mei-uitgawe van rooi rose móét lees!
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts Creation het ook pas by die Eat…
Lewer 1 groot koek Bestanddele Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…
Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…
Hooffoto: Stavros Cassapis Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…
Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…
Hierdie webwerf gebruik koekies.